125 ml (½ k) Van der Hum-likeur, lemoenlikeur of brandewyn
10 ml (2 e) mielieblom (Maizena)
Voorverhit die oond tot 190 °C.
Instructions
Smeer die botter oor die hoender en geur met sout en peper.
Druk die sap van die lemoene uit. Sny die skil van twee van die lemoene in kwarte en druk die lemoenskil en tiemie in die holte van die hoender.
Sit die hoender in ’n bakpan en gooi die lemoensap oor. Bak vir 1-1½ uur tot goudbruin. Skep deurentyd van die lemoensap oor die hoender sodat dit nie uitdroog nie.
Haal die hoender uit en hou eenkant.
Sous: Skep die vet uit die bakpan. Gooi die res van die vleissous in ’n kastrolletjie en voeg die lemoensap, -skil en likeur by. Verhit die sous oor hoë hitte en laat vir ’n paar min. kook. Meng die mielieblom met ’n bietjie water en voeg by die sous. Laat die sous weer kook tot dit begin verdik.Sny die hoender in porsies en sit voor met die sous en groente van jou keuse.