Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 ansjovisfilette
15 ml (1 e) gekapte knoffel
80 ml (1⁄3 k) botter
klein handjie vol tiemieblare
1 ontbeende lamsnekrol
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
80 ml (1⁄3 k) Bulgaarse jogurt
Gerasperde skil en -sap van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) gekapte knoffel
8 ml (½ e) geroosterde komynsaad
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
’n hand vol koljanderblare
Instructions
Verhit die oond tot 200 °C. 1 Verwerk die ansjovisfilette, knoffel, botter en tiemieblare saam. Bind die ontbeende lamsnekrol met kombuistou op en vryf die helfte van die bottermengsel oor. 2 Braai die lamsnekrol vir 2 min. aan elke kant in ’n verhitte riffelpan oor hoë hitte. Geur na smaak. Sit die rol op ’n bakplaat en smeer die res van die bottermengsel oor. Bak vir 30-40 min. of tot gaar na smaak. Draai die rol een keer gedurende die bak-tyd om. 3 Hoemoessous: Verwerk die kekerertjies, Bulgaarse jogurt, suurlemoenskil en -sap, knoffel, 8 ml komynsaad, olyf- of avokado-olie en koljanderblare tot glad in ’n voedselverwerker. Geur na smaak. 4 Sny die lamsnekrol in skywe en sit met die hoemoessous, kruisementkoes-koes en roketblare voor.