kategorieë: KosWinterkos

Geroosterde lamsboud met romerige ertjie-en-crème fraîche-rissotto met salsa verde

Geroosterde lamsboud met romerige ertjie-en-crème fraîche-rissotto met salsa verde

Geroosterde lamsboud

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 groot lamsboud (met die been aan)
45 ml (3 e) olyfolie
gehalte-sout soos Maldon en gemaalde swartpeper
5 knoffel-huisies, fyn gekap
6 roosmaryntakkies
12 tiemietakkies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Sny 3 groot kepe van 10 cm in die vel aan die bokant van die boud.
2 Vryf die boud met die olie, sout, peper en knoffel.
3 Druk die roosmaryn en tiemie in die kepe in en rooster vir 1 uur en 15 min. of tot gaar genoeg na jou smaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Romerige ertjie-en-crème fraîche-risotto

Genoeg vir 6-8

(Maak die risotto tot op stap 2 maar sonder om die laaste 500 ml aftreksel by te voeg. Verhit die risotto weer liggies voor julle aansit. Voeg dan eers die res van die aftreksel bietjies-bietjies by, gevolg deur stappe 3 en 4.)

1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) olyfolie
75 g botterblokkies
500 ml (2 k) Arborio-rys
80 ml (? k) droë witwyn
1 500 ml (6 k) groente- of hoenderaftreksel
125 ml (½ k) parmesaan, gerasper
500 ml (2 k) gevriesde ertjies, ontvries
200 g vars peulertjies/sugarsnap peas, in die lengte middeldeur gesny
sout en gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) crème fraîche vir die voorsitslag
ertjiespruite en kruisement

1 Braai die uie en knoffel in 25 g van die botter en olie in ’n diep kastrol oor lae hitte tot sag en deurskynend. Voeg die Arborio-rys by en braai vir nog 3-4 min. Roer deurentyd.
2 Voeg die wyn by en kook vir 2 min.
3 Voeg 250 ml (1 k) aftreksel op ’n slag by en roer aanhoudend tot alles geabsorbeer is. Herhaal die proses tot al die aftreksel op is of die rys al dente (amper sag) is. (Dit kan 25-30 min. duur.) Geur met sout.
4 Haal af en roer die res van die botter, parmesaan, ertjies en vars peulertjies by (hou ’n paar vir bo-op).
5 Skep eetlepels vol crème fraîche bo-op die risotto en tooi met ertjiespruite en vars kruisement.

Salsa Verde

Genoeg vir 1 koppie

80 ml (½ k) olyf- of avokado-olie
250 ml (1 k) vars basiliekruid-blare, gewas
250 ml (1 k) vars kruisementblare, gewas
125 ml (½ k) pietersielie
30 ml (2 e) Dijon-mosterd
15 ml (1 e) rooiwyn-asyn
30 ml (2 e) kappertjiesade, afgespoel
4 ansjovisfilette, gedreineer

1 Verwerk al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Skep in ’n bakkie en sit saam met die geroosterde lamsboud voor.

Lees ook:

Heel geroosterde lamsboud

Vinnige hoenderkerrie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Haal die ‘worrie’ uit ‘Janu-worrie’

Ná die reën wat die land oor die laaste twee maande beleef het, is daar…

3 hours Gelede

Blitsvinnige spek en groente quiches

Spek-en-groente-quiches in ’n japtrap!

3 hours Gelede

Altvest maak China se VC-mark oop vir Suid-Afrikaanse beleggers

Met meer as $1 miljard wat deur ervare beleggers, soos RisCura aan waagfondse in China…

6 hours Gelede

Suurlemoenlimonade

Maak nou die heerlikste koel drankie!

1 day Gelede

‘Skemergrond’: Maak jou gordel vas vir hierdie dramatiese wendings in Februarie

Die inwoners van Gemoedsdrif moet weereens moeilike keuses maak, geheime hanteer en hoop vind te…

1 day Gelede

Italiaanse tamatiepasta

Genoeg vir 4.    Bestanddele   ½ ciabattabrood 5 ml (1 t) gekapte knoffel ’n…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.