Serves:Genoeg vir 8 kwarteltjiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
8 middelslag-kwarteltjies, gewas
30 ml ( 2 e) olyfolie
seesoutvlokkies, soos Maldon
60 ml (¼ k) botter, gesmelt
60 ml (¼ k) heuning
Vulsel
3 dik snye ciabatta of plaasbrood, in blokkies gesny
15 ml (1 e) olyfolie
250 g-pakkie dik spek of pancetta, in blokkies gesny
2 uie, oorlangs in dik skywe gesny
30 ml (2 e) botter
200 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
60 ml (¼ k) brandewyn
4-5 takkies salie
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Begin met die vulsel: Pak die broodblokkies op ’n bakplaat uit, sprinkel olyfolie oor en bak tot bros en goudkleurig. Haal uit die oond en hou eenkant. 2 Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros en voeg die uie, botter en botterskorsie by. Braai tot sag en gekaramelliseer. 3 Gooi die brandewyn in die warm pan en laat dit afkook. Kap die salie fyn en voeg saam met die broodblokkies by die uiemengsel. Meng goed deur. 4 Klad die kwartels met kombuispapier. Droog en geur binne en buite met sout. Vul elke kwartel met die broodvulsel en bind die beentjies mooi toe. 5 Pak die kwartels in ’n diep oondpan. Sprinkel olyfolie oor en bak vir 30 min. 6 Meng die botter en heuning en verf oor die kwartels. Bedek met foelie, want met die soet lagie bo-op kan hulle vinnig begin brand. 7 Bak vir nog sowat 20-25 min. en bedruip kortkort met die heuningbotter. 8 Druk ’n vurk by die boudjie in om die graad van gaarheid te toets en haal uit sodra die sappe helder is. 9 Sit voor met feestelike rys en vars bronkorsblaartjies.