Voorverhit die oond tot 180 °C.Geroosterde kwartels met pancetta-en-salie-vulsel
Ingredients
Instructions
1 Begin met die vulsel: Pak die broodblokkies op ’n bakplaat uit, sprinkel olyfolie oor en bak tot bros en goudkleurig. Haal uit die oond en hou eenkant.
2 Braai die spek in ’n middelslagpan tot bros en voeg die uie, botter en botterskorsie by. Braai tot sag en gekaramelliseer.
3 Gooi die brandewyn in die warm pan en laat dit afkook. Kap die salie fyn en voeg saam met die broodblokkies by die uiemengsel. Meng goed deur.
4 Klad die kwartels met kombuispapier. Droog en geur binne en buite met sout. Vul elke kwartel met die broodvulsel en bind die beentjies mooi toe.
5 Pak die kwartels in ’n diep oondpan. Sprinkel olyfolie oor en bak vir 30 min.
6 Meng die botter en heuning en verf oor die kwartels. Bedek met foelie, want met die soet lagie bo-op kan hulle vinnig
begin brand.
7 Bak vir nog sowat 20-25 min. en bedruip kortkort met die heuningbotter.
8 Druk ’n vurk by die boudjie in om die graad van gaarheid te toets en haal uit sodra die sappe helder is.
9 Sit voor met feestelike rys en vars bronkorsblaartjies.