Genoeg vir 8
Bestanddele
- 1 heel knoffelknol
- 15 ml olyfolie
- 200 g volgraan- of hawermoutkoekies (digestives)
- 25 g pekanneute
- 100 g botter, gesmelt
- 250 g volroom-roomkaas
- 350 g ricottakaas
- 150 g parmesaan, gerasper
- 4 eiers
- hand vol gekapte tiemie
- sout en swartpeper
Metode
- Verhit die oond tot 200 °C. Voer ’n 20 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit.
- Sit die knoffel op ’n klein bakplaat en sprinkel die olie oor.
- Bak vir 20-30 min. of tot sag. Laat afkoel.
- Verlaag die temperatuur tot 150 °C.
- Verwerk die koekies en pekanneute in ’n voedselverwerker tot fyn krummels, of gooi in ’n sakkie wat dig seël en rol fyn met ’n rolstok.
- Voeg die gesmelte botter by en meng goed deur.
- Druk die koekiemengsel in die koekpan en druk met die agterkant van ’n eetlepel plat.
- Klits die room-, ricotta- en parmesaankaas tot romerig met ’n elektriese menger of handklitser.
- Druk die knoffel uit die skil. Meng die sagte knoffel deur die kaasmengsel. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy deurentyd meng.
- Voeg die tiemie by en geur met sout en swartpeper.
- Gooi die kaasmengsel in die koekpan en bak vir 50-60 min. of totdat die kaaskoek gestol is.