30 ml (2 e) meel en 30 ml (2 e) sagte botter, gemeng
200 ml wit wyn
’n hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
Kook die knoffel vir 30 min. liggies in ’n kastrolletjie met genoeg water om die al huisies te bedek. Laat in die water afkoel. Dreineer, maar behou die water.
Lig die vel van die hoender versigtig op en druk die suurlemoenskyfies, ’n paar van die knoffelhuisies en die tiemietakkies onder die vel in.
Druk die res van die suurlemoen, tiemietakkiesen knoffelhuisies in die holte van die hoender. Geur met sout en peper en smeer met olyfolie.
Rooster in die oond vir 1 uur en 20 min. of tot goudbruin en gaar. Giet die pansouse oor die hoender terwyl dit rooster. Toets vir gaarheid deur ’n toetspen in die dikste deel van die hoender te druk. As die vleissappe helder is, is die hoender gaar. Haal uit die oond, skep uit die bakplaat en hou eenkant.
Sit die bakplaat op die stoofplaat. Voeg die meel-en-bottermengsel by en meng goed met ’n vurk. Voeg die water waarin die knoffel gekook het, geleidelik by.
Voeg die witwyn by en laat kook. Voeg die gekapte pietersielie by. Sit die sous met die hoender voor.