Serves:1 heel hoender van sowat 1,6 kgNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Hoendermarinade
30 ml olyfolie
30 ml gekapte knoffel
15 ml vars, gerasperde gemmer
1 rooi brandrissie, wit pitjies uitgehaal en fyn gekap
30 ml garam masala
uitgedrukte sap en gerasperde skil van 1 lemoen, sny die lemoen dan in ringe
125 ml gewone jogurt
30 ml mangoblatjang
4 kardemompeule, fyn gemaal, gooi die doppies weg maar behou die swart saadjies
10 ml saffraandraadjies geweek in 30 ml warm water
’n klein handjie vol vars koljanderblare
30 ml gevlokte amandels
Rys
250 g basmatirys
10 ml saffraandraadjies (opsioneel)
30 ml olyfolie
4 uie, oorlangs in dik skywe gesny
1 rooi brandrissie, wit pitjies uitgehaal en fyn gekap
60 ml gevlokte amandels
60 ml pistasieneute, gekap
60 ml sagte droë appelkose, in repies gesny
60 ml dadels, ontpit en in repies gesny
30 ml rosyntjies
30 ml klapper
Instructions
Marinade 1 Meng al die bestanddele vir die hoendermarinade in ’n voedselverwerker. 2 Sit die hoender in ’n plat glas- of plastiekbak en vryf die marinade oral oor die hoender in en sit vir 2 uur in die yskas.
Rys 1 Week die saffraan in 30 ml warm water, hou eenkant tot benodig. 2 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol en braai die uie en brand-rissie daarin tot sag. 3 Gooi die rys by en roer deur sodat die korrels met olie bedek is. 4 Gooi 500 ml water by die rys en laat kook. 5 Verlaag die temperatuur en laat die rys vir 20 min. saggies prut tot gaar. 6 Roer die res van die bestanddele, ook die saffraandraadjies met die water, deur die rys. Hou eenkant.
Hoender 7 Verhit die oond tot 180 °C. Sit die hoender met die marinade in ’n diep oondpan en geur buite en binne met sout. 8 Vul die hoender met die gaar rysmengsel, maar moenie te vol stop nie (sit die rys wat nie in die holte pas nie met die hoender voor). 9 Sit die lemoenskywe op die hoender. Bak vir 1 uur 20 min. tot die vloeistof by die boudjies helder uitloop wanneer jy die vleis prik. 10 Sit foelie oor die hoender as die vleis te donker begin bak. 11 Sit met die geroosterde blomkool voor.