Marinade Rys HoenderGeroosterde kerriehoender gevul met geurige rys
Ingredients
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die hoendermarinade in ’n voedselverwerker.
2 Sit die hoender in ’n plat glas- of plastiekbak en vryf die marinade oral oor die hoender in en sit vir 2 uur in die yskas.
1 Week die saffraan in 30 ml warm water, hou eenkant tot benodig. 2 Verhit die olie in ’n middelslagkastrol en braai die uie en brand-rissie daarin tot sag.
3 Gooi die rys by en roer deur sodat die korrels met olie bedek is.
4 Gooi 500 ml water by die rys en laat kook.
5 Verlaag die temperatuur en laat die rys vir 20 min. saggies prut tot gaar.
6 Roer die res van die bestanddele, ook die saffraandraadjies met die water, deur die rys. Hou eenkant.
7 Verhit die oond tot 180 °C. Sit die hoender met die marinade in ’n diep oondpan en geur buite en binne met sout.
8 Vul die hoender met die gaar rysmengsel, maar moenie te vol stop nie (sit die rys wat nie in die holte pas nie met die hoender voor).
9 Sit die lemoenskywe op die hoender. Bak vir 1 uur 20 min. tot die vloeistof by die boudjies helder uitloop wanneer jy die vleis prik.
10 Sit foelie oor die hoender as die vleis te donker begin bak.
11 Sit met die geroosterde blomkool voor.