Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Maak die botter effens sagter en werk dit versigtig met jou vingers onder die vel van die hoender in. Werk veral saggies wanneer jy die vel op die borsgedeelte losmaak om die botter in te druk.
2 Strooi sout in die holte van die hoender en sit ’n suurlemoenkwart, 1 wortel, 1 selderystingel, 2 knoffelhuisies, ’n kwartui en die bouquet garni binne-in. Voeg die oorblywende groente in die oondpan en gooi die wyn en water oor.
3 Bind die bene van die hoender met kombuistou op, bedruip die vleis met olyfolie en geur met sout en peper.
4 Rooster in die middel van die oond vir 20 min. vir elke 500 g plus 15-20 min. Verlaag die hitte ná die eerste 15 min. tot 180 °C.
5 Toets of die hoender gaar is deur te kyk of die vel oor die hoenderbors styfgespan is en daar helder vloeistof uitloop wanneer ’n sny in die dikste deel van die boudjies gemaak word.
6 Haaluit die oond, verwyder uit die pan en laat rus vir 6-7 min. sodat die vleissappe geabsorbeer word.
7 Maak solank die sous in die dieselfde oondpan deur die mielieblom, 65 ml wyn en aftreksel by die pansouse te voeg. Verhit en roer aanhoudend tot die sous verdik en gaar is. Geur na smaak en sit warm saam met die hoender voor.
English Recipe
Preheat the oven to 200° C.
1 Soften the butter slightly and push it gently with your fingers under the skin of the chicken. Be careful when you loosen the skin on the chest where is tears easily.
2 Sprinkle salt into the cavity of the chicken and insert a quarter lemon, 1 carrot, 1 celery stalk, 2 cloves of garlic, a quarter onion and the bouquet garni. Add the remaining vegetables in the roasting pan and pour the wine and water over.
3 Tie the legs of the chicken with kitchen string, baste the meat with olive oil and season with salt and pepper.
4 Roast in the middle of the oven for 20 minutes. for every 500g plus 15-20 min. Reduce the heat after the first 15 min. to 180° C.
5 The chicken is cooked through when the skin on the chicken breast is tight and when clear liquid drains after you have cut into the thickest part of the drumsticks.
6 Remove from the oven, remove from pan and let rest for 6-7 minutes. for juices to absorb.
7 Prepare the sauce in the same roasting pan. Mix cornstarch, 65 ml of wine and stock with the pan juices. Heat, stirring constantly, until the sauce thickens. Season to taste and serve hot with the chicken.