kategorieë: KosWinterkos

Geroosterde hoender met salie, knoffel en gevulde broodjies

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 groot hoender
1 ui, in kwarte gesny
6 repe spek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Marinade
45 ml (3 e) olyfolie
4 knoffelhuisies, gekap
’n hand vol salieblare, in stukkies geskeur
sout en gemaalde swartpeper na smaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Meng eerstens al die bestanddele vir die marinade en hou eenkant.
2 Geur die hoender met sout en peper. Sit die ui in die holte van die hoender.
3 Sit die hoender in ’n oondvaste bak en gooi die marinade bo-oor. Pak die spek op die borskant van die hoender en bind die beentjies met kombuistou op. Marineer vir minstens 30 min. in die yskas.
4 Rooster die hoender vir sowat 1 uur en 20 min., of tot die vloeistof helder uitloop as jy ’n toetspen in die dikste deel van die boudjie steek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Broodjies

Genoeg vir 4

30 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 klein ui
500 g (2 pakkies) gemengde sampioene soos oester, shitake, portobellini of porcini, gekap
sout en gemaalde swartpeper na smaak
4 dik snye dag oue brood
60 ml (¼ k) gesmelte botter
100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas (jy kan dit deur feta vervang)
vars tiemieblaartjies
45 ml (3 e) crème fraîche (opsioneel)

1 Soteer die knoffel en die uie in ’n groot pan oor matige hitte tot goudbruin en sag.
2Voeg die sampioene by en braai tot sag. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
3 Hol intussen die broodjies uit. Behou die sagte, binneste gedeelte vir die broodsous. Verf met die gesmelte botter.
4 Meng die sampioene met die bokmelkkaas, tiemie en crème fraîche. Verdeel tussen die broodjies. Sit so 10 minute voor die einde van die hoender se baktyd saam met die hoender in die oond tot die broodjies goudbruin en bros is.

Broodsous

Gebruik die brood wat jy uitgehol het vir die sous.

1 groot ui, middeldeur gesny
15 naeltjies
gerasperde neutmuskaat
1 lourierblaar
8 swartpeperkorrels
570 ml melk
sagte binnekant van 4 dik snye brood, in stukke gekap
50 g (50 ml) botter
30 ml (2 e) dubbeldikroom
sout en gemaalde swartpeper

1 Druk die naeltjies in die ui. Verhit die melk, ui, neutmuskaat, lourierblaar en peperkorrels in ’n middelslagkastrol. Geur met sout en bring tot kookpunt.
2 Haal af, bedek en laat vir sowat 2 uur of langer staan. Verwyder die ui, lourierblaar en peperkorrels.
3 Voeg die brood by, asook die helfte van die botter. Laat vir sowat 15 min. oor ’n lae hitte prut tot die brood die sous verdik.
4 Voeg die room en die res van die botter by net voor jy dit voorsit.

Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

7 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

37 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.