Geroosterde hoender met knoffel-en-pietersieliebotter
Geroosterde hoender met knoffel-en-pietersieliebotter
Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 groot, heel hoender
250 g sagte knoffel-en-pietersielie-botter
sout en gemaalde swartpeper
1 suurlemoen, in kwarte gesny
1 ui, in kwarte gesny
’n hand vol vars roosmaryntakkies
Knoffel-en-pietersielie-botter
500 g sagte botter
’n hand vol vars pietersielie
40 g knoffel, fyn gekap
sap van een suurlemoen
Instructions
Voorverhit die oond tot180 ºC. 1 Smeer die hoender buite-om en onder die vel met die gegeurde botter. Jy sal by die borsgedeelte en die boudjies ’n holte met jou vingers kan loswikkel. Geur met sout en peper. 2 Sit die suurlemoen, ui en roosmaryn in die maagholte. Sit die hoender op ’n bakplaat en rooster vir minstens 1 uur. 3 Laat die vleis vir ’n paar minute rus en sny in stukke. Smeer die hoender net voor opdiening weer met botter.
Knoffel-en-pietersielie-botter
1 Verwerk die botter, pietersielie, knoffel en suurlemoensap in ’n voedselverwerker tot glad. Skep op kleefplastiek en rol om ’n worsie te vorm. Sit in die yskas om te set.