Maak 2 hoenders gaar en gebruik die ekstra gaar hoender vir nog ’n ete.Geroosterde hoender met baba-aartappels
Instructions
1 Geur die holtes van 2 werfhoenders (1,5 kg elk) met sout en sit in elkeen 1 suurlemoenwiggie,
1 heel geskilde wortel, 2 selderystokkies, ¼ ui in wiggies gesny en 2 knoffelhuisies.
2 Verf die hoenders met avokado-olie, sout en gemaalde swartpeper.
3 Bind die hoenders op. Rooster vir 40 min. by 200 °C.
4 Gooi 1 kg baba-aartappels saam in die oondpan en rooster vir nog 40 min. of tot gaar.
5 Sny een hoender in porsies en sit met die aartappels voor.