kategorieë: VegetariesKos

Geroosterde groentetertjies

Vir 8 klein tertjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 500 g (1 pak) klaargesnyde groente vir rooster soos soetrissies, murgpampoentjies en rooi uie.
  • olyfolie om oor te sprinkel
  • sout en gemaalde swartpeper
  • hand vol kersietamaties, middeldeur gesny

Vir die Polentakors

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) kitspolenta
  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 3 ml (½ t) sout
  • 160 ml (2⁄3 k) koue botter, in blokkies gesny
  • 30 ml (2 e) parmesaan
  • 1 groot eiergeel
  • 60 ml (¼ k) yskoue water
  • 125 ml (½ k) gekrummelde fetakaas
  • 125 ml (½ k) ricottakaas hand vol basiliekruidblare

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sit die groente in ’n diep oondpan, sprinkel die olie oor en geur na smaak. Rooster vir 20 min.
  2. Sit die kersietamaties by en rooster vir nog 20 min.
  3. Sit die polenta, meel en sout in ’n middelslagmengbak. Voeg die botter by en vryf dit tussen jou vingerpunte totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.
  4. Voeg die parmesaan, eiergeel en water by en meng tot dit ’n werkbare deeg vorm. Voeg 15 ml (1 e) water by as die mengsel te droog is. Sit vir 20 min. in die yskas.
  5. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot 4 mm dik. Voer agt 10 cm-quichepannetjies met die deeg uit.
  6. Bak die tertkorse blind vir 5-10 min. tot krakerig.
  7. Meng die feta en ricotta en skep in die tertkorse. Skep die groente bo-op en sprinkel olie oor.
  8. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en bak die tertjies vir 5 min. tot deurwarm.
  9. Strooi die basiliekruidblare net voor opdiening oor.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.