Genoeg vir 6
Bestanddele
- 250 g gekleurde wortels
- 250 g botterskorsie, in ringe gesny
- 250 g soetpatat, in ringe gesny
- 250 g pampoen, gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 60 g botter, gesmelt
- 15 ml (1 e) fyn gekapte knoffel
- 30 ml (2 e) miso-pasta
- 15 ml (1 e) heuning
- 45 ml (3 e) sesamsaad
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die wortels, botterskorsie, soetpatat, pampoen en olyfolie, 30 g botter, knoffel, misopasta, heuning en sesamsaad.
- Roer die miso-mengsel deur die groente en rooster die groente vir 45 min. tot gaar en goudkleurig.