1 Maal al die bestanddele vir die speserymengsel in ’n voedselverwerker tot ’n pasta. (Jy kan ook ’n stamper en vysel gebruik.)Geroosterde filet in ’n klapperroomsous
Ingredients
Instructions
2 Geur die filet met sout en vryf die helfte van die speserymengsel in die vleis in. Sit vir so-wat ’n halfuur die yskas.
3 Soteer intussen die res van die speserymengsel in ’n klein kastrol en voeg die klapperroom, kerrie en aftreksel by. Meng deur en geur. Laat kook stadig vir 10-15 min. tot dit effens verdik.
4 Verhit intussen ’n riffelpan tot baie warm. Geur die filet met grof gemaalde swartpeper en skroei vir ’n paar minute aan alle kante - afhangende van hoe gaar jy dit wil hê.
5 Haal uit en laat vir ’n minuut of twee rus. Sny die vleis in dik skywe, pak op ’n mooi dienbord uit en gooi die klapperroomsous oor. Sit voor met pilafrys en vars koljanderblare.