kategorieë: KosMaklik en vinnig

Idees met blomkool

Geroosterde blomkool

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 groot blomkool, in blommetjies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) tahini (sesamsaadpuree, kry dit by supermarkte en gesonheidswinkels)
10 ml (2 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) heuning
1 knoffelhuisie, gekap
60ml (¼ k) olyfolie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Verhit oond tot 200 °C. Rooster die blomkool met die olyfolie en geur met sout en swartpeper. Bedek met foelie en bak in die oond vir 12-14 min. Verwyder die foelie en bak vir nog 15min. tot gaar en goudkleurig. Verwerk die blomkool in ’n voedselverwerker met die tahini, suurlemoensap, heuning, knoffel en 60 ml olyfolie tot glad. Geur na smaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gepekelde blomkool

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 ml (1 t) koljandersaad
5 ml (1 t) mosterdsaad
2,5 ml (½ t) komynsaad
250 ml (1 k) witwynasyn
60 ml (¼ k) suiker
5 knoffelhuisies, gekneus
2 cm stuk gemmer, gesny
½ ui, gesny
15 ml (1 e) sout
5 ml (1 e) swartpeperkorrels
1 blomkool, dun gesny

1. Voeg die koljander, mosterd en komyn in ’n middelslag pan oor matige hitte. Braai vir 2-4 min. of tot die saadjies geurig is.
2. Voeg die asyn, suiker, knoffel, gemmer, ui, sout en swartpeper by. Bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte.
3. Skep die blomkool in ’n glasbottel wat dig seël. Gooi die pekelmengsel oor. Laat afkoel by kamertemperatuur. Hou in die yskas.

Tempura-blomkool

Genoeg vir 6

115 g koekmeel
35 g mielieblom
knypie bakpoeier
knypie sout
1 eier
250 ml (1 k) sodawater
1 blomkool, in blommetjies gesny
125 ml (½ k) koekmeel, om die blomkool in te doop.
olie vir diepbraai

1. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Klits die eier en sodawater by maar moenie oorwerk nie, die mengsel moet nog ’n bietjie klonterig lyk.
2. Verhit die olie oor matige hitte. Doop die blomkool in die koekmeel. Dompel dan in die tempurabeslag. Diepbraai vir 5-10 min. of tot goudbruin en bros.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

44 mins Gelede

Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen      Die 29ste KKNK, geborg…

1 hour Gelede

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

19 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

21 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

1 day Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.