Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 6 aartappels, in wiggies gesny
- sout en gemaalde swartpeper
Slaaisous
- 125 ml (½ k) olyfolie + ekstra om vir die bakslag oor die aartappels te sprinkel
- 45 ml (3 e) balsemiekasyn
- 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
- 5 ml (1 t) heuning
- 250 g swoerdlose repiesspek
- 2 hande vol babaspinasieblare, gewas
- 4 eiers, sag gekook en afgedop
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Pak die aartappelwiggies in ’n oondpan, geur na smaak en sprinkel ’n bietjie olie oor. Bak vir sowat 30 min. tot goudbruin, bros en gaar.
- Meng intussen die olie, asyn, mosterd en heuning tot goed gemeng. Geur die slaaisous na smaak en hou eenkant.
- Braai die spek tot bros in ’n verhitte pan.
- Sit die spinasie in ’n slaaibak en voeg die warm aartappels en spek by. Gooi die slaaisous oor en meng deur. Sit die eiers bo-op en smul.