1 pynappel, geskil - sny die een helfte in blokkies en die ander helfte in dun lappies
½ papaja, geskil, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
½ botterskorsie, met ’n groenteskiller in linte gesny
400 g gerookte snoek, grate verwyder en gevlok
50 g parmesaan, skaafsels gemaak met ’n groenteskiller
hand vol kruieblaartjies
Instructions
Slaaisous:
Rasper die skil van 1 lemoen en druk die sap van albei lemoene uit in ’n glasfles met ’n deksel. Gooi die res van die bestanddele - ook die gerasperde skil - by, sit die deksel op en skud die slaaisous tot dit goed gemeng is. Hou eenkant tot benodig.
Mielieribbetjies
Voorverhit die oond tot 210 ˚C. Sny die mielies versigtig met ’n skerp mes in die lengte deur (dit verg ’n bietjie krag). Jy moet diep in die stronk insny sodat die mieliepitte nog vas aanmekaar bly. Jy sny nie deur die middel van die stronk nie, maar so na moontlik aan die binneste stronk. Pak die mielieribbetjies op ’n bakplaat, geur met sout en sprinkel die olyfolie oor.
Rooster die mielies vir 10-15 min. tot gaar en hulle begin omkrul. Haal uit en hou eenkant.
Snoekslaai
Pak die res van die slaaibestanddele op ’n mooi opdienbord uit. Sit die mielies langs die kant. Sprinkel die lemoenslaaisous oor en sit voor.