Gerookte murg met geroosterde balsemiekdruiwe & melbabrood
Gerookte murg met geroosterde balsemiekdruiwe & melbabrood
Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
200 g houtskaafsels vir rook
4 steranyssade
2 kaneelstokkies
8 bene met murg in, vra die slagter om hulle lekker lank te sny
sout
Geroosterde balsemiekdruiwe
Genoeg vir 4
500 g swart druiwe, sonder pitte
15 ml (1 e) Maldon-sout
45 ml (3 e) balsemiekasyn
Skilpadjies
Genoeg vir 8 skilpadjies
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, oorlangs in dik skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 t) vinkelsaad
8 lourierblare
500 g hoenderlewertjies, skoongemaak
60 ml (4 e) brandewyn
30 cm x 30 cm netvet, vra jou slagter vir ’n stukkie. Maak seker dit het nie dik stukke vet tussenin nie
Instructions
1 Voer ’n wok of diep oondpan met foelie uit, strooi die hout-skaafsels, steranys en kaneelstokkies oor die oppervlak. 2 Verhit die wok oor hoë hitte tot die houtskaafsels goed begin rook. Sit ’n draadrakkie bo-oor en pak die bene daarop uit. Bedek deeglik met foelie sodat die rook nie kan ontsnap nie. 3 Rook die murgbene vir 5 min. en trek van die hitte af. Laat staan vir 15 min. in die rook en haal dit dan uit. 4 Sit die bene op ’n plat oondpan, geur met sout en bak vir nog 10-15 min. of tot gaar. 5 Haal uit en sit voor met geroosterde druiwe en melbabrood of bruschetta.
Geroosterde balsemiekdruiwe
Verhit die oond tot 200 °C. 1 Sit die druiwe op ’n bakplaat en strooi die Maldon-sout oor. Bak die druiwe vir 15-20 min. of tot hulle begin oopbars. 2 Sprinkel die balsemiekasyn oor sodra die druiwe uit die oond kom en nog vuurwarm is.
Skilpadjies
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n middelslagpan, voeg die ui, knoffelhuisies en vinkelsaad by en braai tot sag. Skuif die uie eenkant toe en sit die lewertjies stukkie vir stukkie by. 2 Braai vir 5 min. tot bruin en gaar. Gooi die brandewyn by en laat afkook. Geur met sout en peper. 3 Sny die netvet op ’n skoon werksvlak in 10 cm-vierkante en sit ’n lourierblaar in die middel van elk. 4 Skep 2-3 eetlepels van die lewermengsel op die netvet en vou toe. 5 Steek met ’n tandestokkie vas. 6 Sit die skilpadjies op ’n bakplaat en bak vir 15 min. of tot goudbruin. 7 Sit met die murgbene en melbabrood voor.