1 Voer ’n wok of diep oondpan met foelie uit, strooi die hout-skaafsels, steranys en kaneelstokkies oor die oppervlak. Geroosterde balsemiekdruiwe Verhit die oond tot 200 °C. Skilpadjies Voorverhit die oond tot 200 °C.Gerookte murg met geroosterde balsemiekdruiwe & melbabrood
Ingredients
Instructions
2 Verhit die wok oor hoë hitte tot die houtskaafsels goed begin rook. Sit ’n draadrakkie bo-oor en pak die bene daarop uit. Bedek deeglik met foelie sodat die rook nie kan ontsnap nie.
3 Rook die murgbene vir 5 min. en trek van die hitte af. Laat staan vir 15 min. in die rook en haal dit dan uit.
4 Sit die bene op ’n plat oondpan, geur met sout en bak vir nog 10-15 min. of tot gaar. 5 Haal uit en sit voor met geroosterde druiwe en melbabrood of bruschetta.
1 Sit die druiwe op ’n bakplaat en strooi die Maldon-sout oor. Bak die druiwe vir 15-20 min. of tot hulle begin oopbars.
2 Sprinkel die balsemiekasyn oor sodra die druiwe uit die oond kom en nog vuurwarm is.
1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n middelslagpan, voeg die ui, knoffelhuisies en vinkelsaad by en braai tot sag. Skuif die uie eenkant toe en sit die lewertjies stukkie vir stukkie by.
2 Braai vir 5 min. tot bruin en gaar. Gooi die brandewyn by en laat afkook. Geur met sout en peper.
3 Sny die netvet op ’n skoon werksvlak in 10 cm-vierkante en sit ’n lourierblaar in die middel van elk.
4 Skep 2-3 eetlepels van die lewermengsel op die netvet en vou toe.
5 Steek met ’n tandestokkie vas.
6 Sit die skilpadjies op ’n bakplaat en bak vir 15 min. of tot goudbruin.
7 Sit met die murgbene en melbabrood voor.