Gerolde lamsblad met tiemiesous en groenboontjies
Ingredients
- 2 kg lamsblad, ontbeen
- ’n hand vol vars tiemie
- sout en gemaalde swartpeper
- 500 ml (2 k) witwyn
- 400 ml rooiwyn
- 250 ml (1 k) preie, gekap
- 250 ml (1 k) wortels, gekap
- 250 ml (1 k) seldery, gekap
- 3 knoffelhuisies
- ’n hand vol vars tiemie
- 2½ liter (10 k) goeie aftreksel
- 500 g vars groenboontjies
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- 6 skyfies gegeurde botter (sien resep)
Instructions
Voorverhit die oond tot 160 ºC.
1 Geur die lamsrol met sout en gemaalde swartpeper en strooi tiemie oor. Rol stewig op en bind met kombuistou vas.
2 Verhit die olie in groot, oondvaste swaarboomkastrol en braai die lamsblad alkant tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
3 Soteer die preie, wortels, seldery en knoffel tot goudbruin en sag. Voeg die wyn by en laat tot omtrent die helfte afkook.
4 Voeg die aftreksel en tiemie by en sit die vleis terug in die kastrol. Bedek en sit vir sowat 3 uur in die oond. Haal die vleis uit en hou eenkant.
5 Afgekookte tiemiesous: Gooi die vloeistof in die kastrol deur ’n sif of moeseliendoek en verhit in ’n middelslagkastrol. Bind ’n bossie tiemie met kombuistou vas en sit in die vloeistof. Laat tot die helfte afkook, verwyder die tiemie en hou eenkant.
6 Dompel die groenboontjies in borrelende kookwater en laat vir sowat 1 min. staan. Haal uit en sit onmiddellik in yskoue water. Dreineer.
7 Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die knoffel vir sowat 1 min. daarin. Haal die knoffel uit en voeg die boontjies by. Soteer tot die boontjies lekker warm is. Sny die gegeurde botter in dun skyfies en sit net voor opdiening op die warm boontjies.
8 Sny die lamsblad in 8 mm-skywe en sit voor met tiemiesous, groenbone en brosgebraaide aartappels.