As man moet jy pro-aktief wees en jou probleme opspoor voor dit jou gesondheid ernstig knou en jou baie kos om te herstel, sê dr. Dominique Stott, Uitvoerende Bestuurder vir Mediese Standaarde by PPS.
Hoe kan jy pro-aktief wees?
1. Gaan vir jou jaarlikse ondersoeke en doen jou toetse. Soek jou ouderdom op die tabel en kyk wat jy vanjaar moet laat doen. (En maak ’n nota op jou kalender, sodat jy elke jaar terugkom.)
2. Gaan vir jou vaksinerings, veral teen die pneumokokke, gordelroos en tetanus (klem-in-die-kaak).
3. Let op na jou lyf. Dit verklap die ernstige simptome van gevaarliker siektes – as jy oplet. Gaan dokter toe as jy enige van hierdie 17 simptome en tekens van gevaarliker siektes het.
Toetsskedule vir mans volgens ouderdom: Klik hier vir ’n tabel
*Lees ook die artikel Jaarlikse toetse vir mans.