kategorieë: Ons menseBekendes

Gerduan Kemp is terug met ‘n nuwe en “eerlike” enkelsnit

Aanhangers van die gewilde sanger, liedjieskrywer, fotograaf en musiekvideovervaardiger, Gerduan Kemp, het voorwaar rede om te glimlag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ná drie jaar van stilswye, is hierdie talentvolle musikant uiteindelik terug met ’n indrukwekkende enkelsnit. Koffie in die kroeg is ’n Afrikaanse pop-rock-snit wat die idee van die regte ding, wat op die verkeerde tyd en plek gebeur, verken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek was een aand uit saam met vriende en het my verluister aan gesprekke wat mense rondom my het. Na ’n lang dag, was ek nie noodwendig lus om op daardie oomblik op daardie spesifieke plek te wees nie,” verduidelik hy oor die inspirasie agter die liedjie. “Skielik raak ek bewus van die feit dat ek die enigste persoon in die plek is wat met ’n beker koffie, en nie ’n glas of ’n botteltjie voor my sit nie. Dit het my laat dink aan hoe ons dikwels op die verkeerde tyd en plek die regte dinge doen, en so het die titel ontstaan: Koffie in die kroeg: Die regte ding op die verkeerde plek en tyd.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoewel die verse van die liedjie al ’n geruime tyd gelede geskryf is, het die perfekte woorde vir die koor hom bly ontwyk en het hy die hulp van sy vriend, Emil Paul, ingeroep om te help om dit te finaliseer en af te rond. Hugo Ludik van Muse Studios het die snit vervaardig.

Vir Kemp beteken hierdie enkelsnit baie, aangesien dit sy eerste vrystelling in drie jaar is. “Om weer na so lank ’n liedjie vry te stel wat so eerlik en rou is, is ’n baie opwindende, maar tog vreesaanjaende gevoel,” sê hy. “Hierdie liedjie verteenwoordig ’n nuwe era in my musiekloopbaan en ek hoop dat dit aanklank sal vind by die luisteraars.”

Die lied is ook in ’n musiekvideo verewig wat die tema en boodskap daarvan saamvat.

Die video, wat by The Social Grill in Pretoria geskiet is, is deur Gerduan self vervaardig, met Abel Knobel agter die kamera, en speel af in ’n kroeg waar die sanger saam met sy vriende kuier en hy die storie vertel van wat hy rondom hom sien gebeur.

“Ek wou graag die atmosfeer en die idee, gevoel van die liedjie in die video vasvang. Daar is ook tonele waar ek saam met ’n orkes die liedjie optree,” verklap die kunstenaar.

Koffie in die kroeg is sy vyfde vrystelling en sy vorige werk het groot sukses behaal, met sy debuut-album wat meer as 2 miljoen keer gestroom is op digitale platforms. Sy laaste enkelsnit, Al Die Woorde, wat hy saam met Tasha opgeneem het, het ook wye erkenning gekry en is meer as 300 000 keer gestroom.

Lees ook: Tasché en Tasha nou saam met Tarryn Lamb in BlackByrd-sanggroep

Gerduan, wat in Bloemfontein groot geword het en tans in Pretoria woon, is al van skooltyd af passievol oor musiek. Hy het al die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel en ’n draai gemaak by verskeie Afrikaanse musiekfeeste. Hy is veral bekend vir treffers soos Sesde Sintuig, Langpad na Môre en Jou Tipe Jaloers.

Buiten vir musiek, is hy ook ’n uitstaande fotograaf en videovervaardiger met sy eie besigheid, Gerduan Kemp Photo & Film, wat al rooi rose se voorbladsessies in Gauteng se videografie en musiekvideo-projekte vir verskeie bekendes – waaronder Elandré en Kurt Darren – behartig het.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Carmen Maarman oor die nuwe telenovelle, Skemergrond

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

3 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

3 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

1 day Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

1 day Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

1 day Gelede

Die Mej. SA-werklikheidsprogram, ‘Crown Chasers’ keer vanaand terug

Kykers kan uitsien na 'n nuwe aanbieder, nuwe beoordelaars en 'n nuwe groep deelnemers wat…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.