kategorieë: Ons menseBekendes

Gerda Steyn en Tete Dijana stel nuwe rekords by die Comrades op

Deur Savanna Douglas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gerda klop Frith van der Merwe se rekord van 1989

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gerda Steyn, wat nou SA se “voorste marathon- en ultramarathon-hardloper” genoem word, het Frith van de Merwe se 1989-tyd vanjaar met 10 minute oorwin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens berigte deur News24 sê Steyn dat sy wakker geword en goed oor die dag wat voorlê gevoel het, maar probeer het om nie te dink aan enige rekords breek nie.

“Ek wou nie te veel oor die rekord praat nie. Ek wou nie hê dit moet my faseer of my aandag aftrek van my hoofdoelwit om die wedloop te wen nie. Die Comrades is lank, en jy kan nie aan hierdie tye dink nie.”

Sy was dalk nie daarop ingestel om rekords op te stel nie, maar Gerda het Frith van de Merwe se tyd in 1989 met ‘n merkwaardige 10 minute verpletter. Sy sê: “Dit het vandag gevoel asof die hele land my naam van begin tot einde geskree het. Ek kan nie beskryf hoe dit my laat voel het nie. Ek wou vandag goed hardloop – nie net vir my nie, maar vir almal wat kyk of wat dalk hierdeur geïnspireer is.”

“Ek wil hê mense moet sien dat hardloop net fantasties is en die feit dat ons Comrades hier in ons land het, is magic. Ek hardloop op daardie manier om erkenning te gee aan die skares en ek wil hulle inspireer.”

Lees ook: Die top-oefensondes wat jy moet vermy

Tete Dijana behaal die eerste plek in manswedloop

Tete Dijana, wat die Comrades Marathon in 2022 gewen het, het vanjaar die eerste plek in die manswedloop behaal en David Gatebe se 2016-tyd met vier minute geklop en om 05:13:58 ingekom.

Volgens News24 was Tete in trane oor sy rekordoorwinning en het verduidelik dat die prysgeld aan sy kinders sou gaan:

“Dit was eers in die laaste 5 km dat ek aan die rekord begin dink het,” het Tete gesê.

“Ek wil dit graag aan my afrigter en my kinders opdra. My afrigter is eintlik nie gesond nie, en hy kon nie vandag hier wees nie. Hy het nog altyd in my geglo.”

“Ek is al twee maande weg van my kinders, so dit is vir hulle.”

SA se Comrades-kampioene vir 2023 het albei altesaam R1,2 miljoen se prysgeld vir hul prestasies ingesamel. R500 000 het vir elkeen gegaan vir hul oorwinnings, R500 000 vir hul rekords, en ‘n bykomende R200 000 vir die rekord as Suid-Afrikaners.

Met R2,4 miljoen wat aan Gerda en Tete gaan, sien die Comrades sy grootste uitbetaling in die geskiedenis.

Lees ook: Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

8 hours Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

9 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

10 hours Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

12 hours Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

13 hours Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.