Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Ons het salm gebruik, maar dis aan die duur kant - vervang dit deur enige ferm witvis. Gaar vis hou vir 2-3 dae goed in die yskas, maar vermy dit liefs daarna. Hou die geurige posjeer-water en gebruik dit vir die pastasous vir die oorskietvis.
1 liter water
500 ml witwyn
1 rooi ui, in agtstes gesny
3 klein preie
6 peperkorrels
4 knoffelhuisies
6 salmfilette
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Bring al die bestanddele, behalwe die vis, in ’n groot kastrol tot kookpunt. 2 Sit die vis in ’n keramiekbak of op ’n bakplaat en gooi die warm vloeistof oor die vis. Bak vir 6-10 min. 3 Haal uit en laat effens afkoel voor jy die vis uit die vloeistof skep.