GEOX is bekend as die “skoene wat asemhaal.”
Hul voortreflike tegnologie spog met unieke en eksklusiewe hitte-regulerende eienskappe en word regoor die wêreld hoog aangevra. ’n Membraan word binne die sool van die skoen geplaas wat as ’n tweede vel dien. Die membraan beheer perspirasie en hitte en laat humiditeit kondenseer om voete droog te hou.
GEOX se ontwerpe is buigbaar, haal asem en dis veerlig.
Gaan loer gerus by jou naaste Edgars-winkel en kies ’n paar uit hul wye reeks style, van inglipskoene tot tekkies en sandale.
Lees meer oor GEOX se tegnologie en uitstekende ontwerp by www.geox.com of op Facebook by www.facebook.com/GEOX