George en Amal het ’n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig het die tweeling én Amal is gesond en dat die geboorte goed afgeloop het.
Dit is die eerste keer dat beide George en Amal ouers word.
Volgens CNN Entertainment het die 56-jarige George onlangs gesels oor pa-word en gegrap oor die feit dat hy dié nuwe lewensfase op ’n hoër ouderdom betree.
George het op die Franse televisieprogram, Recontres de Cinema, gesê: “My favorite part is, you know, all my friends who are my age, and I have many of them, they’re already done. Their kids are all grown up and away to college and they are laughing.”
Die glanspaartjies is in 2014 in Venice, Italië getroud.
Baie geluk julle!