Geniet watertand tuisgemaakte sop dié winter met SPAR Freshline-sopmengsels. Inligting en foto’s verskaf. {Promosie}
Dis so maklik soos een, twee, drie om jou eie, tuisgemaakte sop te maak wanneer jy SPAR Freshline-sopmengsels byderhand het! Die groente word alles vars voorberei en jy hoef net die aftreksel en geursel by te sit. Dus is dit vinnig en maklik om tuisgemaakte sop te maak.
Sodra die sop gereed is, bedien jou heerlike sop met SPAR Freshline se wye verskeidenheid brood, wat ligte rogbrood, saadbrood, volkoringbroodrolletjies en donker rogbrood insluit.
Krakerige parmesaanskyfies
Maak krakerige parmesaanskyfies vir jou sop deur ’n lagie gerasperde parmesaankaas op ’n bakplaat met bakpapier te strooi en dit by 180 °C tot goudbruin te bak.
Kook jou gunsteling-sop volgens die aanwysings op die pakkie en voeg enige van die volgende by om dit daardie ekstra spesiale, gourmet smaak te gee!
- Gekapte tamaties
- Vars basiliekruid of ander kruie
- Klappermelk
- Room
Kies uit heerlike sopmengsels soos Butternut & Sweet Potato Soup Mix, Butternut Soup Mix, Chunky Vegetable Soup Mix, Potato & Leek Soup Mix, Minestrone Soup Mix en Carrot & Lentil Soup Mix.