kategorieë: VelsorgSkoonheid

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te laat lyk en voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moisture Boost Filler Serum vir droë en gedehidreerde vel

Ons jongste Advantage-serum is soos ’n vars briesie en bevat 2% hialuronsuur (die maksimum wat toegelaat word) om vog in die velselle te pomp om ’n gladder, varser, gloeiende vel te gee. Die keramiede wat daarin is, verbeter die vel se beskermingsfunksie en help om kosbare vog vir langer in te hou (minstens 24 uur). Dit bevat ook die uittreksel van die opstandingsplant, ’n woestynplant waarvan die ontdekking ’n deurbraak op die gebied van sellulêre herstel en velhernuwing meegebring het. Dit is die antwoord op droë, laat-somer vel wat onder druk is en styf en ongemaklik voel. R279,99.

’n Serum met drievoudige aksies om jou vel te herstel

Wie is nie mal oor ’n serum wat alles doen nie? Met die topverkoper Advantage Skin Save kan jy jou vel lig, bevog en fermer maak. Dit sluit bio-aktiewe rooibos, uittreksel van die chlorella-alge, aalwyn, jojoba-saadolie en laventel-uittreksel in, sowel as keramiede en hialuronsuur. Dit word met ’n ligte tekstuur geformuleer sodat dit vinnig opgeneem kan word. Dit dra by tot ’n sigbaar gladder en helderder voorkoms. R240,99

‘Ek gebruik nou al die serum vir vyf jaar. Dit is eenvoudig die beste,” Gerda.

Hydrofirm-C+ Serum vir ernstige aksie teen plooie

Wanneer die tekens van die tyd wat verbygaan nie meer weggewens kan word nie, teiken die Hydrofirm-C+ serum al die sigbare tekens van veroudering – van die sigbare lyntjies en plooitjies tot die insakking van ’n vel wat moeg lyk en die donker kringe asook pofferigheid rondom jou oë. Die sterbestanddeel is Olea Vitae (stamselle van olyfspruite) om die sellulêre herstel te begin. Dit saam met olyf-squalane vir buigsaamheid en ’n natuurlik botoks, en Spilanthes Acmella-uittreksel wat sigbaar plooie verminder. Peptiedes, keramiede en hialuronsuur gee nuwe energie en bevog, terwyl ’n gesonde hoeveelheid vitamien C ouderdomsvlekke aanpak en in die algemeen die vel se kleur helderder en gelyk te maak. Onafhanklike laboratoriumtoetse het sigbare resultate vanaf 14 dae gewys. R315,99.

Radiance Even Tone Serum vir donker vlekke

Waar onder die Afrikason kan jy van donker vlekkies en pigmentasieprobleme wegkom? Hierdie klinies getoetste serum wat donker vlekke herstel, is deel van die Radiance-reeks, maar dit kan ook saam met enige van ons ander produkte gebruik word. Die hoofbestanddeel is niasinamied (vitamiene B3) om swart merkies te laat verdwyn, jou vel se kleur te verbeter en algemene stralendheid te verbeter. Dit bevat roosolie en boegoe-uittreksel sowel as die produk waarvoor ons bekend is: bio-aktiewe rooibos. Smeer dit aan donker vlekkies en probleemgedeeltes een of twee keer ’n dag. R140.

Die geheim agter serums

  • Smeer ’n paar druppels serum op ’n skoon vel in die oggend en die aand voordat jy dag- en nagroom aanwend.
  • Gebruik jou vingers om serum oor probleemgedeeltes te smeer en wag ’n paar sekondes vir dit om droog te raak voordat jy rome insmeer.
  • Gebruik altyd ’n vogroom of sonroom met minstens SPF15 se beskerming aangesien serums aktiewe bestanddele bevat wat met die son mag reageer.
  • Gebruik ’n serum wat vir jou vel gepas is en verkieslik een wat deel van jou normale velsorgroetine is.

Lees ook: Sê totsiens vir droë en gedehidreerde vel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.