kategorieë: Ontspanning

Geniet die diversiteit van Durbanville Hills

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit het die Tangram Red 2013, 2016 en 2020 en Tangram White 2017, 2021 en 2022, ingesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die aand skop met vonkelwyn af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met die kelder se vonkelwyn in die glas, kon gaste mekaar beter leer ken, voor die aand se wynproe – opgedeel in die vier elemente volgens die Griekse filosofie wat die wingerde en die lewe op aarde beïnvloed: wind, water, vuur en grond – by verskillende tafels met snoepgoed bedien is.

Snoepgoed is by elke tafel wat die vier elemente verteenwoordig het, bedien.

Elkeen van die wynmakers het ‘n tafel beman en meer oor die spesifieke wyn en oesjaar vertel.

Die verouderingskelder was ook tuiste van een van die tafels.

Van die vier kategorieë was dit die Vuur-afdeling met Springboksmoor, gekruide beskuitjies, Carpaccio, Brie en gerookte sampioen jus, wat my hart steel. Ons proe die The Tangram 2013 rooiwyn-versnit daarmee. My geliefde se gunsteling is die sitrushoender met lemmetjie en spookasem wat met die The Tangram 2016 wit-versnit bedien is.

Die doel van die proe was om die uitstekende verouderingspotensiaal van die versnitte ten toon te stel en ook die effektiwiteit van die koeler klimaat op wingerde te wys.

Mervyn Davies, kelder-kontroleerder, het ook een van die proetafels beman, wat onder die Wind-element gesorteer het.

Die aandete daarna was omtrent ‘n vertoonstuk van die gewilde restaurant se sjefspan, onder leiding van hoofsjef Tamzyn Ehlers. Met lewendige musiek in die agtergrond, kon gaste smul aan voorslagkos met die Tangram White 2022 en Tangram Red 2020.

Durbanville Hills se hoofsjef, Tamzyn Ehlers.
Die aandete spyskaart was soos die Tangram-legkaart, aldus die sjef.

Gaste het gehoor dat tangram ‘n Chinese geometriese legkaart is, wat bestaan ​​uit ‘n vierkant wat in sewe stukke gesny is wat gerangskik kan word om verskeie ander vorms te maak. Om die Tangram te bemeester, moet ‘n mens na die hele legkaart kyk om die magdom beelde wat gevorm moet word te verstaan en te vorm. Op die ou end is die geheel groter as die som van sy dele. Die verskillende elemente wat uniek is aan die kelder, landskap en wynmakers, is almal saam geweef om hierdie eksklusiewe Bordeaux-styl versnitte, Tangram, te vervaardig.

Met lewendige musiek in die agtergrond, kon gaste smul aan voorslagkos met die Tangram White 2022 en Tangram Red 2020.
Die watertand varklies met blomkoolpuree, gekaramaliseerde baba uie, kersie tamaties en aartappelskil-skyfies.

Die sjef het vertel dat die spyskaart vir die aand soos dié legkaart is. Die nuwe keldermeester, Pieter-Niel Rossouw, se eerste wyn by dié kelder, die Durbanville Hills Chenin Blanc 2024, is ook bedien.

Tammy Claassen, assistent-wynmaker, Mervyn Davies, kelder-kontroleerder, Pieter-Niel Rossouw, keldermeester, Kobus Gerber, witwynmaker, Wilhelm Coetzee, rooiwynmaker.
Die nuwe keldermeester, Pieter-Niel Rossouw, se eerste wyn by dié kelder, die Durbanville Hills Chenin Blanc 2024, is ook bedien.

Daar is drie opkomende geleenthede oor waar gaste die wynmakers kan ontmoet, hul stories kan hoor en hul wyne met voorslag kos kan geniet. Op 24 Julie is dit ‘n viergang maaltyd om die diversiteit van die Durbanville terroir met sy oneindigende heuwels en koel oseaan wind te vertoon. Tangram Restaurant se sjef Tamzyn het ‘n wonderlike spyskaart saamgestel om die wyne op hul beste te vertoon.

Op 14 en 15 Augustus kan gaste die Collectors Reserve-reeks proe; die stories agter die Kaapstad historiese bakens wat op die sewe etikette van die Collectors Reserve-wyn deur die bekende Kaapstad kunstenaar, Theo Paul Vorster, geskilder is. Die reeks vier die kelder se nabyheid aan die stad en die unieke koel klimaatstoestande van die area, wat die reeks as beide ‘n versamelstuk vir wyn- en kunsliefhebbers merk. Snoepgoed gevolg deur ‘n driegang-aandete en lewendige musiek is op die spyskaart.

Vir Merlot-liefhebbers is 4 en 5 September beslis een vir die dagboek. Wynmakers neem gaste op ‘n Merlot proe-avontuur, met die kelder se Merlot in verskeie style onder die tema “Metro Merlot proe” en gee insiggewende agtergrond en proe-geleentheide oor die diversiteit van Merlot wat in rosé, enkelkultivar, versnitte en ‘n brandewyn gebruik is. Daar sal weer proestasies wees, waarna gaste aansit vir ‘n driegang maalttyd met die Durbanville Hills Merlot, Tangram Red Bordeaux versnit en Durbanville Hills 10-year-old Merlot potketel brandewyn as pasmaats.

Die aande kos R575 per persoon en sluit die proeë, kos en wyn, in. Bespreek by durbanvillehills.co.za

As jy jou besoek nog meer insiggewend wil maak, gaan vroeër en ervaar die self-begeleide toer oor die reis van wynmaak van die wingerd tot die bottel.

Die Durbanville Hills wynkelder met sy onbelemmerde uitsigte oor die stad en Tafelberg, is sekerlik een van die mooiste plekke om aandete met bekroonde wyn te geniet.

Dit word in die verouderingskelder aangebied en bied ‘n interaktiewe kaart, om oorsig te gee en dan ’n stap-vir-stap gids oor hoe wyn gemaak word en met oorfone aan, kan jy alles oor die vlagskip Tangram- en Collectors Reserve-reekse en daar is ook ‘n afdeling oor Durbanville Hills se toewyding tot volhoubaarheid, die omgewing en hul gemeenskap. Jy kan ook waardevolle wenke oor die regte stoormetodes vir jou wyn, hier kry. Geen bespreking is hiervoor nodig nie.

Lees ook: WEN kaartjies na die Montblanc Signature-teemaaltyd!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Amor Vittone binnekort in Diepe waters: ‘Al wat my karakter soek, is liefde.’

Sy maak haar verskyning vanaf Woensdag 17 Julie. Vertel ons meer van Leticia, jou karakter…

15 hours Gelede

Geurige hoendersop

Jy kan selfs die karkas van die Sondaghoender gebruik om ’n heerlike, heilsame sop te…

17 hours Gelede

Lemoen-en-grenadella-kolwyntjies

Ons het fraai skoenlappertjies met plastiekversiersel gemaak en die kolwyntjies daarmee getooi. Jy kan ook…

21 hours Gelede

Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

As aktrise, skrywer, vervaardiger, fliekmaker, eggenoot en ma, het die veelsydige en talentvolle Donnalee Roberts al…

22 hours Gelede

MasterChef SA is terug op die kassie!

Die vyfde seisoen van MasterChef South Africa begin môreaand op kanaal S3 (voorheen SABC 3).…

4 days Gelede

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Vroueharte verskil van dié van mans, die simptome van ons hartaanvalle lyk anders, en daar…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.