kategorieë: BlogsOntspanning

Genesing

Ek praat nie hier van liggaamlike genesing nie. Wel, nie nét daarvan nie. Liggaamlike genesing het, wat my betref, nie regtig ewigheidswaarde nie. Die letsels aan my lyf is bloot my oorlogswonde, ’n bewys dat ek die goeie stryd gestry en deur genade oorwin het. Nóú verstaan ek waarom oorlogsveterane hulle hemde oplig (soms broeke aftrek!) en hulle letsels vir mekaar wys. Miskien spog hierdie mirakels van moed met hulle gesondgeworde wonde en vergelyk stories om vas te stel wie se stryd die indrukwekkendste was. Heeltemal verstaanbaar, meen ek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar ’n genesing van sielswonde is soveel belangriker as enige iets anders. Kyk, dáárin sit nou ewigheidswaarde. En ek glo die kern van daardie soort genesing is die betekenis wat mens heg aan lyding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My teorie daaroor is eenvoudig. As jy lyding nie gebruik om te groei nie, as jy nie buite die boks dink om dit te verander in iets positief nie, is daar werklik nie veel van ’n doel daaraan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy lyding nie gebruik om te groei nie, as jy nie buite die boks dink om dit te verander in iets positief nie, is daar werklik nie veel van ’n doel daaraan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons werk so hard daaraan om swaarkry te vermy, om te probeer verhoed dat ons kinders, ons geliefdes, vriende en selfs vreemdelinge ly, sonder om te dink aan die pad wat ons Vader met ons stap wanneer die lewe ons nie mooi behandel nie.

Dis gedurende die slegte tye wanneer jy die naaste aan God is, wanneer jy die wonder daarvan ervaar om op engelvlerke omhoog gelig te word, wanneer jy afkyk na jou lyding daar doer onder en jou ken lig. Dis swaarkry wat maak dat ons op ons Vader se skoot klouter en met die onskuld van ’n kind by Hom huil. En dis dan wat ons die wonder van Sy genade en vrede ervaar. Jou trane gaan dalk nie jou lyding dadelik laat ophou nie, maar Sy teenwoordigheid is soveel meer waardevol.

Geneesde sielswonde is ons wapentuig. Dit maak mens groot. Groot en sterk en empaties genoeg om jou eintlike doel op aarde te vervul deur ander van diens te wees.

My paadjie met kanker en die nagevolge van die siekte is nou al vir byna twee jaar aan die gang. Ek is dankbaar vir elke oomblik van my reis. Gedurende hierdie tyd het ek die voorreg gehad om die natuur van ons Vader intiem te leer ken. Soos ek vandag hier sit en skryf voel ek soos ’n arend. Een wat weet van die vreugde van sweef bo die storm.

My sielswonde is ’n vae herinnering. Die rofies is af, die littekens weg. Die wonderlike ding van gesondgeworde sielswonde is dat jy nie littekens nodig het as bewys van jou stryd en oorwinning nie. Dit sit in geestelike rypheid, sagte hande wat gewillig is om te help, ore wat bereid is om te luister, arms wat vertroos, ’n mond wat vertel van genade.

Janita, Ina, Marietjie, Fernanda – my mede-dansers en al die wonderlike Amasones van Reik na Herstel, ek dink vandag aan julle. Miskien vergeet julle soms hoeveel julle geneesde sielswonde vir kankerpasiënte beteken.

Ons sal nooit vergeet nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.