Hierdie artikel het in die Julie 2015-uitgawe van rooi rose verskyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Lees ook Sean Davison se persoonlike verhaal hier
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Misbruik sal nie gebeur as daar behoorlike riglyne ingestel word nie. En mense wat sê dokters behoort nie dood te maak nie, moet onthou dokters begelei reeds sterwe op wyses wat die wanneer en hoe van dood bepaal, soos deur behandeling te weerhou of pynstillers te gebruik wat die dood KAN verhaas. Presies dieselfde oorwegings geld in dié gevalle. Almal moet net onthou: dit moet altyd die pasiënt se rasionele en vrye keuse wees.
“Vrae oor God se wil bring ’n mens by vrae oor watter godsdiens se standpunte toegepas word. En watter interpretasie van die Christelike godsdiens in die betrokke geval geld as iemand soos aartsbiskop Tutu dit steun. Ek glo geloof in God se omvattende genade en bystanddood is volkome versoenbaar.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Willem Landman, buitengewone professor in filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch, ’n oud-Matie en Rhodes Scholar aan Oxford, het sewe grade in filosofie, politieke filosofie, teologie en regte. Hy was in Amerika professor in mediese etiek, etiekadviseur vir die Global Fund in Genève en die eerste uitvoerende hoof van die Etiekinstituut van SA (EthicsSA).
Hy was maar altyd so half links van die regering, ook as destydse lid van die US-studenteraad. “John Vorster, toe US-kanselier, het ses van ons ‘slaprug’ genoem omdat ons anti-establishment goed aangevang het.” Hy wou ook nie sy doktorsgraad by P.W. Botha (latere kanselier) in ontvangs neem nie. Sy promotor, prof. Johan Degenaar, was alleen op die verhoog toe sy graad toegeken is.
Geskiedenis is een van Willem se talle ander passies. Op die oomblik lees hy alles oor die Eerste Wêreldoorlog, en hy gaan in September foto’s neem van die grafte, loopgrawe en museums.
Wildsfotografie is nog ’n passie, en hy reis ’n paar keer per jaar in Afrika – soms alleen met sy tent, kamera en satellietfoon. Hy het sy vrou, Thea, ontmoet toe hy 15 jaar gelede uit Amerika teruggekeer het om EthicsSA te begin. “Nou het ek ’n kitsfamilie – twee dogters, twee skoonseuns en ’n kleindogter. Hulle is almal in Londen, maar wil terugkom.”
Vanwaar die belangstelling in filosofie en etiek?
My pa was ’n predikant en van jongs af het lyding en ongeregtigheid my erg geraak. Ek wou antwoorde hê oor die oorsake daarvan en hoe dit verander kan word. Filosofie leer ’n mens helder dink en antwoorde soek op die grondvrae van ons bestaan. Enige etiese dilemma het my ook nog altyd gefassineer. Wat is op die spel? Wat is die argumente aan albei kante? Wat behoort ons te doen?
En die belangstelling in bystanddood?
Vyftig jaar gelede, toe ek in standerd nege was, is kanker by my skoolkys se ma gediagnoseer. Sy is ná ’n onbeskryflike lyding oorlede. Dit het my altyd bygebly – ek het gevoel dat daar ander vrye keuses moes wees. Daar is meer as een soort bystanddood (assisted dying). Eerstens bystandselfdood, of assisted suicide, waar ’n dokter die middels verskaf en die pasiënt dien dit self toe. In die geval van genadedood (voluntary active euthanasia) verskaf ’n dokter die middels én dien dit toe. Veertig jaar gelede het ek ’n kursus oor genadedood aan Oxford gedoen wat my laat besef het dis ’n etiese opsie. Van my argumente is in ’n verslag van die regsdienskommissie vervat.
Hoekom glo jy dis moreel regverdigbaar?
Dit moet ’n vrye, outonome keuse wees, ’n uitkoms op terminale lyding. Daar is geen verskil tussen bystanddood en ander aanvaarde praktyke, soos om pyn (wat ook die lewe kan verkort) te stil nie.
Wat is die etiese motivering vir wettiging?
Ons wetgewing moet op die gees, waardes en regte in ons Grondwet gegrond word. Wettiging sal die teenstrydigheid ophef tussen die gemene reg, wat dit as moord beskou, en ons grondwetlike regte op menswaardigheid en liggaamlike en sielkundige integriteit, asook die reg op die beheer oor die liggaam.
Wat is die stand van sake in ander lande?
Bystandselfdood en genadedood is wettig in Albanië, Colombië, Nederland, België en Luxemburg. Net bystandselfdood is wettig in Switserland en vyf state van die VSA terwyl nog 14 Amerikaanse state, asook Brittanje, besig is om die verbod op genadedood te hersien.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Genoeg vir 4. Bestanddele 6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Hierdie webwerf gebruik koekies.