Jongmense dink soms dat hul jeug die koste van ’n mediese fonds onnodig maak, en dink ook nie aan die gevolge as hulle weens ’n ongeluk of siekte vir ’n paar maande nie ’n inkomste verdien nie. Wat van die paaiemente op ’n motor? Huurgeld?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ongelukkig sal versekeringsmaatskappye jou vertel dat die jongklomp se kanse statisties hoër is om in ’n motorongeluk te wees omdat hulle meer rondry en waarskynlik aan meer risiko’s blootgestel word, sê Hugo Senekal, mediese fonds-adviseur van Johannesburg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Sommige maatskappye subsidieer bydraes tot ’n mediese fonds, maar heelwat probeer die koste vir die maatskappy so laag moontlik hou en die onus rus op jou om ’n mediese fonds te kry. As jy vir jouself werk, is die versoeking dikwels groot om nie ’n mediese fonds te hê nie, omdat jy gesond is en jou geld dalk effens skraps is.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• “Ek is ’n klankoperateur en verdien ’n karige salaris. As student was ek op sy ouers se mediese fonds, maar toe ek in 2013 begin werk, het ek besluit om eerder die maandelikse mediese fonds-betaling te spaar omdat ek byna nooit siek word nie. In Oktober het ek met blindedermontsteking in die hospitaal beland. Ná ’n noodoperasie was ek perdfris en gesond, maar die mediese koste vir die private kliniek was sowat R60 000 – wat ek uit my eie sak moet betaal.”
• “My vrou was met haar derde swangerskap blakend gesond en het maklike vorige geboortes gehad. Maar toe word die baba vroeg gebore. Die kindjie was drie maande lank in die hospitaal, ook ’n ruk in die hoësorgeenheid. Die koste het meer as R300 000 beloop en dit sluit nie eens die noodkeisersnee in nie. Ek weet nie wat ons sonder ’n goeie mediese fonds sou gedoen het nie.”
• “My studentedogter was in ’n motorfietsongeluk en is in ’n ernstige toestand na ’n private kliniek geneem. Die kliniek het op ’n deposito van R80 000 aangedring voor hulle haar sou opneem indien sy nie mediese fonds het nie. Gelukkig was sy nog op ons mediese fonds.”
Beplan deeglik en bepaal jou risiko. Hoe gesond is jy? Ly jy aan chroniese siektes, is daar chroniese siektes soos diabetes of hoë cholesterol in jou familie? Laat toets jou bloedglukose, bloeddruk en cholesterol by ’n apteek. Het jy ’n gesin? Besluit hoeveel geld jy per maand aan ’n mediese fonds kan afstaan.
Moenie dink jy kan wag tot jy gesondheidsprobleme het voor jy by ’n mediese fonds aansluit nie, sê Hugo. “As jy reeds ’n voorafbepaalde toestand het, dit sluit swangerskap in, of chroniese medikasie gebruik, kan die mediese fonds op ’n wagtydperk van tot en met 12 maande aandring (dit wissel van persoon tot persoon) waar hulle nie die koste vir daardie toestand gaan dek nie. Daar is gewoonlik ’n algemene wagtydperk van drie maande as jy nie voorheen (of in die laaste 90 dae) aan ’n mediese fonds behoort het nie.”
• Jonger mense is waaghalsig en het ’n aktiewer sosiale lewe wat ook ’n hoër risiko vir ongelukke beteken. Boonop is hospitaalkoste in private klinieke astronomies hoog. As die jongmens nie dekking het nie, gaan hierdie koste op die ouers se skouers rus.
• Diabetes en kanker kom ook onder al hoe jonger mense voor
• Doen die somme: Gaan kyk wat jy werklik maandeliks aan medisyne en dokters bestee. Dalk is dit reeds die moeite werd om ’n fonds te hê.
Dekking verskil en jy moet seker maak jy weet wat joune behels. Jy kan een met onbeperkte dekking kies, of een met perke, soos beperkings op die bedrag wat jy jaarliks per lid kan eis, of dit kan sekere prosedures soos knie- en heupvervangings by ouer mense uitsluit.
Onthou, in die geval van mediese fondse kry jy waarvoor jy betaal. Jy kan nie goud uit strooi spin as jy teëspoed het nie. Maak seker jy lees die fynskrif en hersien jaarliks jou dekking namate jou finansies verbeter of jou risiko verhoog.
Inligting verskaf deur Hugo Senekal, 011 858 3600 | hugo@RFSfin.co.za
Baie jongmense meen hulle het te min geld om finansiële advies te regverdig, maar dis juis dan belangrik om goeie besluite te neem sodat jou geld hard vir jou gaan werk, sê Neil van Loggerenberg, ’n finansiële adviseur van Johannesburg.
“Ek het kliënte wat R200 tot R300 per maand belê. Onthou, hoe jonger jy begin spaar, hoe groter is jou wins aan die einde. Baie maatskappye sorg vir ’n pensioenfonds as deel van jou pakket. Tog is dit belangrik om eienaarskap te neem van jou spaargeld om te sien of die keuse wat hulle vir jou geld gemaak het, vir jou werk. Dalk is dit nie ’n optimale keuse vir jou ouderdom en lewenstyl nie.”
As jy vir jouself werk, of tydelike of kontrakwerk doen, is jy in ’n verknorsing as ’n ernstige siekte jou lank uit die werk hou. Of dalk val jy van jou bergfiets af en breek jou arms.
Jy het verskeie beleggingsopsies. Jy kan die geld vir ’n tydperk vas belê waar jy bv. vir vyf jaar nie toegang tot die geld het nie, of jy kan dit so belê dat jy dit enige tyd kan gebruik.
“Dis my ervaring dat mense groter hoeveelhede belê as hulle toegang tot die fondse het.”
Jy kan ook ’n ongeskiktheidpolis uitneem wat ’n enkelbedrag sal uitbetaal as jy weens siekte of gestremdheid nie meer kan werk nie. Die polis sal waarskynlik nie uitbetaal as die toestand nie permanent is nie. As jy in ’n ernstige motorongeluk was en vir twee jaar nie kan werk nie, sal die polis dalk nie uitbetaal nie, omdat die prognose is dat jy gaan herstel.
As jy vroeg in jou twintigerjare begin spaar, kan ’n klein bedrag eksponensieel groei, maar dit is net moontlik as jy wel vroeg begin spaar. Daar is verskeie opsies en jy sal baat vind daarby om ’n adviseur te gaan spreek sodat jy die regte produk kan kies.
Op 25 voel jou aftrede nie so dringend nie. As jy vir ’n salaris werk en daar word outomaties 15% afgetrek vir ’n pensioenfonds, dink jy nie daaroor nie. As jy vir jouself werk en die geld in jou rekening sien, is dit moeilik om die selfdissipline toe te pas om dit te spaar terwyl daar ander wolwe voor die deur is. Of dalk is jy bloot lus om jou geld te geniet.
Neem aan dat inflasie met 6% toeneem, jou belegging met 9% groei, jy op 65 aftree en tot op 85 gaan leef. En as jy wil aftree met 75% van jou salaris, moet jy die volgende doen:
As jy op 25 begin spaar, moet jy 13,3% van jou inkomste spaar, op 35 jaar 25,4%, op 45 jaar 44,5% en op 55 jaar 3% meer as wat jy verdien. Hoewel jy uit verskeie produkte kan kies, stel Neil voor dat indien jy vir jouself werk, jy ’n produk oorweeg waar jy bydraes kan verhoog en verminder soos jou inkomste verander. Jy kan ook enige tyd staak en weer begin met die wete dat die geld wat klaar belê is nie geraak word nie. Dis uiters belangrik dat jy wel die beste opbrengs op lang termyn kry. ’n Voorbeeld: ’n belegging van R10 000 wat teen 6% groei oor 40 jaar sal
R102 857 beloop. Sou jy ’n groei van 12% kon handhaaf, het jy R930 509 uitgekry!
Maak seker wanneer jy belê dat die prestasie van jou fondse sowel as jou opsies gereeld hersien word. Hier kan ’n spesialis van onskatbare waarde wees, want hierdie beleggings gaan eendag vir meer as twintig jaar na jou moet omsien.
Inligting verskaf deur Neil van Loggerenberg, finansiële beplanner. Neil@purewealth.co.za, 011 679 3059
Laat jou vakansiedae vanjaar tel Só kan jy met slegs 'n paar dae se verlof…
Is vakansie vir julle daardie lang verwagte rustyd met heerlike samesyn, of is dit ’n…
Krakerige komkommerslaai deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele. …
Versterk jong bome Maak jong boompies windbestand deur dit met vier metaalpenne te anker. Plaas…
Gebakte perskes met klapper en amandel Genoeg vir 6-8. Verhit die oond tot 200…
Daar is min dinge erger as wanneer jy probeer om te slaap of selfs net…
Hierdie webwerf gebruik koekies.