125 ml (½ k) fyn klapper vars of gedroogde klapperkrulle vir versiering
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 2 middelslag-muffinpannetjies met kolwyntjiepapiertjies uit. 1 Room die botter, suiker en gemmer in ’n elektriese menger, of met ’n klitser tot lig en donsig. 2 Gooi die eiers stadig by terwyl jy aanhou klits. As die mengsel begin skei, voeg ’n bietjie meel by. Sif die meel by terwyl jy stadig bly klits. 3 Skep die deeg in die muffinpannetjie en maak gelyk bo-op. Bak vir 12-15 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrak afkoel. 4 Versiersuiker: Room die suiker en botter tot lig en donsig. Meng die klapper deur. Skep ’n opgehoopte teelepel vol versiersuiker op elke kolwyntjie. 5 Versier elke kolwyntjie met die klapper-krulle.