Gemmer-en-klapper-kolwyntjies
Serves: Maak 18
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 225 ml (¾ k + 3 e) sagte botter
- 200 ml (¾ k + 1 e + 1 t) strooisuiker
- 5 cm vars gemmer, fyn gerasper
- 4 eiers, liggies geklop
- 375 ml (1½ k) bruismeel
- Versiersuiker
- 310 ml (1¼ k) versiersuiker
- 310 ml (1¼ k) botter
- 125 ml (½ k) fyn klapper vars of gedroogde klapperkrulle vir versiering
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer 2 middelslag-muffinpannetjies met kolwyntjiepapiertjies uit.
1 Room die botter, suiker en gemmer in ’n elektriese menger, of met ’n klitser tot lig en donsig.
2 Gooi die eiers stadig by terwyl jy aanhou klits. As die mengsel begin skei, voeg ’n bietjie meel by. Sif die meel by terwyl jy stadig bly klits.
3 Skep die deeg in die muffinpannetjie en maak gelyk bo-op. Bak vir 12-15 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrak afkoel.
4 Versiersuiker: Room die suiker en botter tot lig en donsig. Meng die klapper deur. Skep ’n opgehoopte teelepel vol versiersuiker op elke kolwyntjie.
5 Versier elke kolwyntjie met die klapper-krulle.
Rooi Rose
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025