Serves:Genoeg vir 1 bottelNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Hou ’n paar blommetjies uit vir wanneer hulle nie meer verkrygbaar is nie. Die sous is redelik donker en jy kan nie die blommetjies in die bottel sien nie, maar dit smaak steeds heerlik.
500 g waterblommetjies
2 x 300 ml Ina Paarman Griekse Vinaigrette
sout en gemaalde peper
80 ml (1⁄3 k) olyfolie
Instructions
1 Plaas die waterblommetjies in ’n bak en bedek met skoon sout-water. Laat staan vir 20 min. Spoel af en hou eenkant. 2 Verhit die Ina Paarman-slaaisous in ’n klein kastrol en laat kook. Voeg die waterblommetjies by en kook vir 5 min. Geur met sout en peper. 3 Skep die waterblommetjies in ’n fles en bedek met olyfolie - jy hoef nie al die olie te gebruik nie. 4 Sit met krakerige bruschetta, skyfies camembertkaas en basiliekruid as kuierkos voor.