Kleur die eiers met natuurlike kleursels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 Maak ’n gaatjie aan die bo- en onderkant van die eiers en blaas die inhoud uit.
2 Gebruik vir roereiers of omelette. Spoel die doppe deeglik met water uit en laat goed droog word.
3 Maak jou kleure so:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Sienna
Kook 500 ml water, die skil van 2 bruin uie en 45 ml witwyn-asyn vir 30 min. Kook die eierdoppe vir 30 min. in die kleurstof.
Ligblou
Kook 500 ml water, 500 ml gekapte rooi/pers kool en 45 ml witwyn-asyn vir 30 min. Kook die eierdoppe vir 30 min. in die kleurstof.
Ligpers
Kook 500 ml water, 500 ml gekapte beet en 45 ml witwyn-asyn vir 30 min. Week die doppe vir 30 min. in die kleurstof.
Ligbruin
Kook 500 ml water, 60 ml koffie en 45 ml witwyn-asyn. Week die doppe vir 30 min in die kleurstof.
1 Gebruik fyn blaartjies uit die tuin.
2 Sny ’n sykous in stroke van 15 cm.
3 Laat lê ’n blaartjie op elke eierdop en trek die kous versigtig oor die dop sonder om die blaar te beweeg.
4 Trek die kous styf en knoop aan die agterkant.
5 Kleur soos onder verduidelik.
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
Hierdie webwerf gebruik koekies.