Gekaramelliseerde varklies deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele van CRPhotographic
1 Geur die vark met sout en vryf die Chinese 5 spesery in die vleis in, los die vet kant skoon. Sit die lemoenringe, uie en vinkel in ’n diep oondpan. Strooi die steranys oor en sit die vark, vetkant na bo, op die bed van sitrus en groente. Bedek met foelie en bak vir 1½ uur. Karamelsous 2 Smelt die suiker oor lae hitte in ’n swaar-boomkastrol. Swaai die kastrol elke nou en dan effens sodat die suiker eweredig smelt en goudkleurig word. Moenie roer nie. 3 Sit die kastrol terug op die hitte en voeg die res van die bestand-dele by. Laat vir 5 min. liggies prut tot dit effens verdik en stroperig word. Haal van die hitte af en hou eenkant tot benodig. 4 Haal die vleis uit die oond, haal die foelie af en sny dun kepe in die vet (dis baie makliker om dit nou eers te doen, want die vet is sag). Sit terug in die oond vir nog 30 min. of tot die vet bros gebak is. As die vet nie eweredig bros word nie, kan jy die vet onder die oondrooster rooster tot bros. Hou maar fyn dop, want dit brand maklik. 5 Haal die vark uit die oond en laat effens afkoel. Sny versigtig in happiegrootte blokke. Sit die warm varklies voor met die karamelsous bo-oor gesprinkel.Gekaramelliseerde varklies
Ingredients
Instructions
Trek die kastrol van die hitte af sodra die suiker karamelkleurig is en voeg die vissous en water versigtig by en roer deur.