Gekaramelliseerde ryspoeding. Deur: Vickie de Beer. Foto: CRPhotographic
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Genoeg vir 12
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ons het ’n lagie bruinsuiker oor die ryspoeding gegooi en dit toe met ’n blaasvlam geskroei om ’n karamellaag te vorm. Koop dié nuttige kombuisblaasvlamme by Boardmans, @home of by kombuiswinkels.
• 500 g mascarponekaas
• 1 liter (4 k) volroommelk
• 5 ml (1 t) fyn kaneel
• 5 ml (1 t) gemaalde kardemomsade – maal in ’n koffiemeul fyn
• 220 g arborio-rys
• 80 g strooisuiker
• 1 heel neutmuskaat
• 50 g botter
• 50 g bruinsuiker
1 Klits die mascarpone, melk, kaneel en kardemom saam in ’n middelslagmengbak tot goed gemeng.
2 Bring die rys, suiker, mascarponemengsel en die botter in ’n middelslagkastrol oor matige hitte tot kookpunt.
3 Roer deurentyd. Verlaag die hitte en prut vir 25-30 min.
4 Roer heeltyd met ’n houtlepel tot die rys sag en romerig is. Skep die ryspoeding in ’n 23 cm-bak.
5 Gooi die bruinsuiker oor en karamelliseer met ’n blaasvlam.
Lees ook: Karoo-lamspastei
Lees ook: Sjokoladefluweelkoek
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.