Holderstebolder. Ruggie hol gery. Dié kragloosheid (of is dit kragteloosheid?) waarin ons onsself nou bevind. ’n Splinternuwe verskoning vir later doen, minder doen, of erger nog, sommer glad nie doen nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Skielik is die huis donker, die wasmasjien en skottelgoedwasser stil, die ketel buite werking en die rekenaars en TV af. Die winkeldeure sluit en verkeersligte knip in alle rigtings oog. En ons? Ons vergeet hoe om te ry, te werk, te eet, te praat, te woeker met wat ons het. Onbeholpe, onbevoeg, ongeduldig, ongemaklik, ongehoord. Sommer omge-ellie ook.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dié kragloosheid laat ons kragteloos. Ruk kop, hart en hand tot stilstand. Want Ma, hoe maak mens sonder krag? Wonder my spruite hierdie week toe die kragloosheid ons vroegaand oorval. Gedwing om met mekaar te praat (sonder skerms, ons spaar elke battery, want sê nou net die krag bly weg?) groei die lys:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); } • speel wegkruipertjie;
• steek ’n kers aan en lees ’n regte boek (een met blaaie waaraan jy voel en vat);
• dans singend in die donker a-la-Bruce-Springsteen (Bruce Springsteen? Wie’s Bruce Springsteen, Ma?);
• pas al jou ou klere aan en hou ’n modeparade in die skemergang; of
• gaan stap om die blok.
“En sê nou ek wil net sit?” vra die sesjarige. “En sê nou ek wil net lê?” vra die negejarige. “En sê nou ek wil net slaap?” vra die veertigplusser.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Gee my krag! wil ek skree. Bedink my dan. Dalk, net dalk, is hulle dié keer reg. Dalk is kragloosheid net die medisyne vir kragteloosheid. Ja, ons gaan later doen, ja, ons gaan minder doen, of dalk glad nie doen nie.
Gee ons krag!
Maar wat as die kragloosheid die antwoord is op nuwe krag? Krag vir vol sinne praat, krag vir stilsit voor die braaivleisvuur, krag vir boeklees, krag vir kerslig (en alles wat daarmee saamgaan), krag vir droom, krag vir dink voor jy doen? Krag vir lewe. Krag. Voor die stikdonker ons oorval.
Wonder ek.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.