As ’n mens van ’n vakansie terugkeer, stel die meeste tuine dikwels vele uitdagings. Dit is as jy nie die regte tuinprodukte het, wat jou plante gelukkig hou terwyl jy weg is nie. Daar is in heelwat streke swaar reënval in die somer, wat beteken dat jy terugkom na lang gras, wilde heinings en ’n tuin wat in die algemeen oorgroei is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
GARDENA gee ’n paar onderhoud- en versorgingswenke wat jou tuin weer goed sal laat lyk sodat jy die res van die somer kan geniet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
As jou streek swaar reën in jou afwesigheid ontvang het, sal die gras oorgroeid wees en jy sal na ’n oerwoud terugkeer. Die beste manier om dit te hanteer, is om ’n grassnyer met verskillende verstellings te hê. Verhoog eerstens die lem se hoogte en begin die oorgroeide grashalms terug te sny. Jy mag dalk die opvangsakke ’n paar keer tydens die proses leegmaak. Tweedens, verlaag die lem se hoogte vir ’n fyner afronding. Vir hierdie deel van die proses, sal jy dalk die grassnysels op die gras wil los om dit sterker te maak. GARDENA se reeks grassnyers wat battery-aangedrewe is en elektries is, kan vir alle tuingroottes werk en het al die eienskappe om hierdie ’n maklike en moeitelose taak te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
As jy agteroor wil sit en jou grasperk wil geniet sonder om jou daaroor te bekommer om die gras te sny, is GARDENA se robotgrassnyer só ontwerp om dit te doen. Die SILENO-robotgrassnyer gaan stil-stil voort om die gras te sny sonder dat dit jou of jou bure hoef te pla. Skeduleer eenvoudig die tyd wat jy gras wil sny en gaan voort om die lewe te geniet, terwyl die grassnyer jou grasperk gesond en welig hou.
Die grootste grief wat die meeste tuiniers het, is hoe vinnig onkruid oorneem. Jy gaan sonder twyfel die onkruid van jou grasperk en plaveisel moet uithaal as jy van jou vakansie af terug is. Weereens, kan dit baie harde werk wees as jy nie die regte gereedskap het nie. Ons bied die GARDENA Weed Puller aan: Dis ’n gesofistikeerde handgereedskap wat help dat jy nie jou rug seermaak as jy onkruid op jou grasperk uittrek nie.
Vir die geplaveide gedeeltes, bied GARDENA ’n versameling van gereedskap wat van ’n patioskraper tot ’n kombistelsel-onkruidskraper insluit.
Die beste tyd om onkruid met die hand te verwyder, is nadat dit gereën het as die grond nog klam is; die onkruid is dan makliker om met hul wortel en al uit te trek. Die Patio-onkruidverwyderaar sal dit moontlik maak om die onkruid so na as moontlik onder in ’n greep te kry, en deur konstante druk uit te oefen, kan jy die steel én wortel verwyder sonder om iets agter te laat.
As daar nie ’n outomatiese waterstelsel is nie, moet jou plante met die hand natgelei word en as dit nie konsekwent gedoen word nie, kan dit jou plante onder druk plaas. Outomatiese waterbeheer maak dat jy nie hoef te raai wanneer besproeiing moet plaasvind nie. As jy jou plante volgens hul waterbehoeftes gegroepeer het, kan jy eenvoudig die GARDENA-waterbeheerstelsel en grondvogsensor installeer, jou besproeiingstye en -dae skeduleer en siedaar! Jou tuin is versorg.
Peste het dalk ongemerk vermenigvuldig terwyl jy weg was, veral as jou plante onder druk was terwyl dit nie versorg is nie. Dit beteken dat jy plaagdoders in vloeistofvorm moet aanwend. GARDENA het ’n reeks druksproeiers wat hierdie taak moeiteloos sal maak. Dit strek van 1 l-bottelsproeiers tot 12 l -sproeiers in ’n rugsak – kies een wat vir jou tuin se grootte sal werk.
Sekere plante het dalk nie die uiterste weersomstandighede, min water of plaagprobleme oorleef nie. Jy sal hierdie plante moet verwyder of wegsny. ’n Snoeiskêr van goeie gehalte is die beste om klein takke mee te verwyder, maar as jy dikker takke wil afsny, stel ons ’n goeie takknipper aan. GARDENA se reeks snygereedskap is vir maksimale gerief ontwerp en fokus geheel en al op die boom se gesondheid. Noukeurige grondlemme bied ’n presiese en skoon snit. Alle snygereedskap het ’n 25 jaar-waarborg.
Plante in potte is veral kwesbaar aangesien die grond daarin vinniger uitdroog en dalk aan skel sonlig blootgestel kon word. Om te sorg dat jou plante nie uitdroog nie of dat dit onreëlmatig natgelei word nie, oorweeg die GARDENA AquaBloom-sonkragaangedrewe besproeiingstelsel. Sit eenvoudig ’n emmer met water neer, laat jou AquaBloom-druppype na jou potplante vloei en stel die frekwensie. Water sal deur ’n mikrodrup-besproeiingstelsel loop wat jou plante in die somer nat sal hou.
Of dit die heining, grasperk, onkruid of boomtakke is: Somer beteken gereelde snoeiwerk en onderhoud. Snoeiwerk bevorder plantegroei en ons moedig dus gereelde snoeiwerk met gereedskap van goeie gehalte aan. Vir die kleiner snywerk: bied GARDENA ’n reeks snoeiskêre, taksnoeiers en skêre aan. As jy groter takke, heinings en bosse moet sny, kan jy kies tussen die GARDENA StarCut-snoeiskêre vir hoë takke, die GARDENA SlimCut-snoeiskêr om deur welige oorgroeisel te sny of die Power for All- teleskopiese snoeiskêr wat vir die meeste bome en hoë takke sal werk. GARDENA se batteryaangedrewe heiningskêr bied die maksimum gerief om jou heinings mee te onderhou.
Lees ook: Beskerm jou tuin teen wind en weer
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Gedurende die somermaande bring ons meer tyd in die son en in die see of…
Waarom dit absoluut noodsaaklik vir jou en jou gesin se gesondheid is om te weet…
Genoeg vir 4. Metode Meng 15 ml (1 e) kerriepoeier en 125 ml (½…
Foto's: Instagram/Vasti Spiller Die UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis het Dinsdag ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry…
Hierdie webwerf gebruik koekies.