Week die gemengde rosyne vir 1-2 uur in die soetwyn.
Gebruik ’n menger met ’n deeghaak. Gooi die meel, gis, suiker, melkpoeier, sout en okkerneute in die mengbak. Dreineer die rosyne en gooi dit by die droë bestanddele.
Meng die water, eiers en botter en gooi stadig by die meelmengsel terwyl die menger aan is. Meng vir sowat 8-10 min. of tot die deeg glad en elasties is.
Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
Voorverhit die oond tot 200˚C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Keer die deeg uit op ’n werksvlak wat liggies met meel bestuif is en knie vir 1-2 min.
Rol 20 rolletjies van 50 g elk en pak in 2 sirkels uit. Laat ’n gaatjie met ’n deursnee van sowat 8 cm in die middel oop.
Bedek die rolletjies met ’n skoon kombuisdoek en laat rus vir 30 min.
Verf die rolletjies met melk. Sit 10-12 druiwetrossies op die rolletjies en strooi growwe sout oor. Druk die druiwe met die palm van jou hand effens plat. Bak vir 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.
Sit die broodjies voor met die vyeblaarkaas in die middel van die sirkel.