Deur Vickie de Beer. Foto’s: Lee Schwagele en Charles Russel van CRPhotographic.
Genoeg vir 20 rolletjies
Gedeelde oesbrood
Ingredients
- ½ k (125 ml) gemengde rosyne
- ½ k (125 ml) soetwyn
- 1,2 kg broodmeel
- 2 pakkies (20 g) kitsgis
- 50 g suiker
- 50 g melkpoeier
- 10 g (7,5 ml) sout
- ½ k (125 ml) okkerneute, ruweg gekap
- 450 ml water
- 2 eiers, liggies geklits
- 90 g botter, gesmelt
- ¼ k (60 ml) melk
- 8-10 trossies swart druiwe
- growwe sout
- 6-8 roosmaryntakkies
Instructions
- Week die gemengde rosyne vir 1-2 uur in die soetwyn.
- Gebruik ’n menger met ’n deeghaak. Gooi die meel, gis, suiker, melkpoeier, sout en okkerneute in die mengbak. Dreineer die rosyne en gooi dit by die droë bestanddele.
- Meng die water, eiers en botter en gooi stadig by die meelmengsel terwyl die menger aan is. Meng vir sowat 8-10 min. of tot die deeg glad en elasties is.
- Bedek die bak en laat die deeg vir 1 uur in die mengbak rys tot dubbel die grootte.
- Voorverhit die oond tot 200˚C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
- Keer die deeg uit op ’n werksvlak wat liggies met meel bestuif is en knie vir 1-2 min.
- Rol 20 rolletjies van 50 g elk en pak in 2 sirkels uit. Laat ’n gaatjie met ’n deursnee van sowat 8 cm in die middel oop.
- Bedek die rolletjies met ’n skoon kombuisdoek en laat rus vir 30 min.
- Verf die rolletjies met melk. Sit 10-12 druiwetrossies op die rolletjies en strooi growwe sout oor. Druk die druiwe met die palm van jou hand effens plat. Bak vir 25-30 min. of tot goudbruin en gaar.
- Sit die broodjies voor met die vyeblaarkaas in die middel van die sirkel.
Anelle Tewson