Gebruik só blare wanneer jy kosmaak deur Vickie de Beer. Foto: Neil Corder
Deur die blare
Span blare en takke in wanneer jy braai om geregte geurig en smaakvol te maak.
Ryg sosaties aan “eetbare” takke soos louriertakke of roosmarynstokkies, of gooi lourierblare op die kole vir ’n heerlike, geurige rook wat terselfdertyd die vleis geur.
Blare, soos suurlemoenblare, kan ook vir ekstra geur gebruik word. Sit dit in heel hoenders, of braai vis op ’n bed blare.