kategorieë: VelsorgSkoonheid

Gebruik jy die regte produkte vir jou veltipe?

Ken die verskil tussen veltipe en vel-kwessie

Paula Begoun, bekende skoonheidskrywer van meer as 20 boeke, staan ook bekend as die Cosmetic Cop. Sy skryf in haar boek, Don’t Go To The Cosmetics Counter Without Me, 9th Edition  dat verbruikers die verskil moet weet tussen veltipe en vel-kwessie. Sy stel voor dat jy eers jou veltipe moet identifiseer, (normaal, kombinasie of droog) en daarvolgens produkte moet kies vir jou tipe vel, wat onder andere die volgende insluit: ’n velreiniger, verfrisser (toner), ’n afskilfermiddel, was of behandeling, ’n dagroom wat SBF bevat en ’n nagroom sonder SBF. Daarna moet jy jou vel-kwessie (soos pigmentasie, sonskade, fyn lyne, rosacea) identifiseer en addisionele produkte daarvoor aankoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom moet ek weet wat my veltipe is?

As jy verstaan wat jou veltipe is, sal jy beter verstaan watter produkformulasie vir jou vel geskik is. Byvoorbeeld as jy ’n olierige vel het moet jy olierige en ryk produkte vermy en as jy ’n droë vel het sal jy ’n formulasie gebruik wat ryker is. Hou in gedagte dat jy meer as een veltipe kan hê. Jou vel kan sensitief en steeds droog wees of dit kan olierig maar steeds gedehidreer wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beïnvloed my veltipe?

Beide interne en eksterne faktore kan jou veltipe bepaal, dit kan beïnvloed hoe jou vel voel en lyk. Wanneer jy jou veltipe evalueer, neem van die volgende faktore in ag:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hormone, rook, medikasie, dieet, jou huidige velsorgroetine, stres, onbeskermde blootstelling aan die son, besoedeling, en klimaat.

Hoe bepaal jy jou veltipe?

Sodra jy die bogenoemde faktore (sonskade, rook, besoedeling ensovoorts) uitgesluit het behoort dit makliker te wees om jou veltipe beter te verstaan. Bepaal so jou veltipe:

Was jou gesig met ’n reiniger, wend dan ’n verfrisser aan, wend daarna ’n gesigroom aan wat jy dink die beste by jou veltipe pas. Wag dan twee ure sonder om enige grimering aan te wend voordat jy verder jou vel analiseer, kyk of jou vel die volgende doen:

• Olierig: Vier ure nadat jy jou gesig gewas het is daar oortollige olie, en jou gesig blink. Isabel Roos (uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria) sê dat ’n olierige vel gewoonlik in die middel van die dag meer olierig voel, veral op jou neus, voorkop en ken.
• Droog: Die grootste deel van die gesigvel is droog, voel styf, en mag ook moontlik rooi voorkom. ’n Droë vel se oppervlak sal meer grof voorkom, en jou vel sal deur die loop van die dag droog voel, sê Isabel.
• Kombinasie: Dele van jou gesigvel is olierig en ander dele is droog
• Normaal: Geen tekens van oortollige olie of droogheid nie.

Kies so produkte vir jou veltipe

Wanneer jy weet wat jou werklike veltipe is, sal jy makliker kan besluit watter produkte jy moet verwyder of insluit in jou velsorgroetine. Paula Begoun stel voor dat alle veltipes dieselfde voordeel van alle produkte se bestanddele kan kry, al wat moet verskil is die basis van die tekstuur:

• Olierige vel: Jel, serum, water-emulsie, of poeierbasis. Isabel noem dat jy sterk afskilfering-metodes moet vermy en ook nie ’n olierige sonroom gebruik nie, maar eerder een met ’n jel tekstuur.
• Droë: Jou reiniger behoort ’n olie-emulsie te wees, room en serum basis sal ook goed werk. Vermy klei gebasseerde maskers wat die vel verder sal uitdroog.
• Kombinasie vel: Vloeiroom (lotion), jel, serum en water-emulsie.
• Normaal: vloeiroom, room, jel, serum, water-emulsie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.