kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Gebruik hierdie lenteskoonmaakwenke om jou huis soos ’n luukse hotel te laat voel

Om jou huis vir die lente skoon te maak, is nie net terapeuties nie, dit dien ook as voorbereiding vir die uitgebreide familie wat oor die feestyd op jou huis toesak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wilhemina Petersen, die hoof van huishouding by die ANEW Hotel in Groenpunt, Kaapstad, weet al hoe om enige ruimte op sy beste te laat lyk. Sy deel ’n paar goeie lenteskoonmaakwenke vir hoe om jou huis soos ’n luukse hotel te laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lenteskoonmaak

Gelukkige plante

Die regte hoeveelheid groen plante bring lewe en lewendigheid na enige ruimte. As jy nie so goed is daarmee om orgideë aan die lewe te hou nie, is lente die perfekte tyd om hul wortels skoon te maak en hulle vir gesonde groei te herplant.

Wees bedag op waar jy jou plante plaas, veral palmbome en die geraamteplant (Delicious Monster). Vermy dit om hulle te na aan mure of gordyne te plaas, aangesien dit kan maak dat die blare bruin sal raak. Mik vir minstens 10 cm van die ruimte tussen die blare en oppervlak om seker te maak dat jou plante floreer.

Lees ook: Maak tuin op jou balkon

Sorg vir jou handdoek en linne

Ruim enige slegte reuke uit die weg en bring die donserigheid na jou handdoeke terug deur ’n eetlepel baksoda en ’n eetlepel witasyn by jou wasgoed te gooi.

Van die teëls tot die vensterruite

Wanneer dit by graniet- of marmerteëls kom, los die chemikalieë wat die glans kan verdof en die oppervlakte kan beskadig. Gebruik eerder kookwater en poets dit dan goed om die glans weer terug te sit.

Vir skitterskoon vensters en mure, meng gelyke hoeveelhede water en witasyn met ’n paar druppels seep in ’n spuitbottel. Hierdie natuurlike oplossing werk deur vuilheid sodat oppervlakte sonder merke is. Plus, dit is ekovriendelik! Gebruik ’n mikrovesellap vir die beste resultate.

Raak ontslae van stowwerige en muwwerige reuke

Meng een gedeelte versagmiddel met twee dele water in ’n spuitbottel. Sproei nou jou meubels, mat en gordyne om ’n stowwerige of muwwerige reuk te verminder en ’n lekker reuk agter te laat. Hierdie nuttige truuk verminder ook enige onplesierige “stofwolke” nadat jy die ruimte gestofsuig het, en dit sal jou huis vars en uitnodigend laat ruik.

Lees ook: Wenke vir ’n klein woonkamer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.