Resep: ‘Dairy Gives You Go‘
Bestanddele
- Klein, sagte tortillas
- Koolslaai
- Hap-grootte stukkies vis (nuggets), gebraai, of gaar visvingers
- Tuisgemaakte tzatziki (klik hier vir die resep)
- Avokado – in skywe gesny
- Gepekelde rooi uie – opsioneel
- Fetakaas, gekrummel
- Vars koljanderblare – opsioneel
- 1 Suurlemoen of lemmetjie, in wiggies gesny
Metode
- Plaas die tortilla op ‘n skoon bord. Pak ‘n handjievol koolslaai en 3-4 stukkies vis (nuggets) daarin.
- Voeg ‘n eetlepel (of meer) tzatziki bo-op en voeg dan die skywe avokado, ‘n bietjie gepekelde uie, en gekrummelde fetakaas by.
- Bedien met vars koljanderblare en ‘n wiggie suurlemoen.