Genoeg vir 4 groot sosaties:
180 ml (¾ k) perskeblatjang
60 ml (¼ k) lemoensap
45 ml (3 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
7,5 ml (1 ½ t) fyn gekapte gemmer
10 ml (2 t) heel koljander
1 lourierblaar
1 skaapboud, ontbeen en in groot blokkies gesny
16 droëperskes
4 louriertakke of sosatiestokke in water geweek
1. Meng die blatjang, lemoensap, kerriepoeier, knoffel, gemmer, koljander en lourierblaar in ’n klein kastrol. Kook vir 5 min. oor matige hitte, trek van die hitte af en laat afkoel.
2. Sit die vleis in ’n groot glasbak en gooi die marinade oor. Marineer vir 2 tot 3 uur.
3. Gooi kookwater in ’n bakkie en week die droëperskes vir 15 min. daarin.
4. Ryg die lam en perskes om die beurt op die sosatiestokkies. Sit die sosaties terug in die marinade en marineer vir nog 2 uur.
5. Braai oor matige kole vir 4 min. aan elke kant. Verf die res van die marinade oor terwyl jy braai.