Gebraaide kruisskyf met cannelini-boontjiepuree & groenslaai
Gebraaide kruisskyf met cannelini-boontjiepuree & groenslaai
Serves:4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
4 kruisskywe (rump) van ±150 g elk
100 ml basiese slaaisous
10 ml (2 t) gemaalde komyn
2 x 400 g-blikkies cannelini-boontjies, gedreineer
180 ml (¾ k) hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, geskil
3 x 4 cm stukke suurlemoenskil
80 ml (¹/³ k) olyfolie
Slaai
’n hand vol fyn groenboonjies, geblansjeer
Rooster 200g kersietamaties met ’n bietjie olyfolie en sout in die oond
Strooi 50 g dennepitte oor die tamaties en rooster verder tot die dennepitte bruin is
’n hand vol roketblare, gewas
Instructions
Meng die komyn en slaaisous, gooi oor die vleis en marineer vir minstens 30 min.
Sit intussen die boontjies, aftreksel, knoffel en suurlemoenskil in ’n middelslagkastrol en laat vir 5-8 min. prut of tot die aftreksel verdamp het.
Laat die boontjies effens afkoel en verwerk in ’n voedselverwerker tot glad. Verlaag die spoed van die voedselverwerker en voeg die olyfolie geleidelik by. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
Haal die steak uit en braai vir 4 min. aan elke kant oor die kole.
Meng intussen die groenboontjies met die tamatieslaai en roketblare. Sit die kruisskywe met die cannelini-boontjiepuree en groenboonslaai voor.